Oor ‘n kort rugvel en blinde liefde
November 14, 2010 in Sonder kategorie
Gistermiddag karring ek in die voortuin. By die bure langsaan is Klein Bybie en haar ma Antie Bybie die res van die familie aan die groet. Hulle het elkeen ‘n groterige pakkie wat in geskenkpaier met ‘n babamotief toegedraai is. My Sherlock instink sê dus dat hulle op pad is na ‘n babatee.
Ant Bybie is uitgevat in ‘n broekpak van groen kosmosmateriaal met skakerings van oranje. Die broek het wye pype, maar hulle is volgestop. Ant Bybie is nie ‘n aansienlike vrou nie. Sy het ‘n kongenitale defek, ‘n kort rugvel. Dit veroorsaak dat haar mond ooprek as sy haar oe-ol toeknyp, en as sy haar mond toemaak, gaan die oe-ol oop. Aangesien die oe-ol gewoonlik net een of twee keer per dag oopgemaak word, loop sy dus amper heeldag met ‘n aggresiewe gryns op haar gesig, ‘n gryns wat nie juis getemper word deur haar lang tande nie.
Klein Bybie daarenteen het nie die defek nie. Om die waarheid te sê, sy het geen liggaamlike defek nie. Sy is gegiet in ‘n jean wat haar seksie rondings eer aandoen. Sy balanseer haar met die grasie van ‘n gimnas op haar rooi spykerhakskoene. ‘n Donkerbril met ‘n wit raam beskerm haar blou oë teen die fel son. Haar blonde hare tuimel mals en uitbundig oor haar skouers.
Nols, Klein Bybie se man en Oom Bertus, haar pa, staan ook daar rond vir die groetslag. Piston, hul seuntjie van so drie jaar, probeer klouplek aan sy ma se jean kry, maar die enigste vou in die jean is te hoog op vir hom om by te kom. Hy het ‘n t shirkie aan wat sê “Praat Afrikaans of hou jou bek” As hy my gewaar, steek hy ‘n swietgevlekte swart tong uit. Ek lig my middelvinger vir hom waarop hy sy ouma aan haar kosmosbroek gryp. Oom Bertus het haar egter intussen in ‘n omhelsing beet en hy soen haar lank en innig, so asof sy nou op ‘n reis na ‘n ver plek gaan en hy haar nie gou weer gaan sien nie. Hierdie oomblik van vertedering raak my diep, en die eeu-oue waarheid van die ding tussen ‘n man en ‘n vrou kom soos helder daglig by my op, die liefde is blind, hy is fokken stokblind!
jannel1 het gesê op November 14, 2010
Ai Oom Lewies, jy kan darem ‘n ding beskryf!
Nou sit ek in my enigheid en wonder. As dié vroumens nou gister rugby gekyk het en soos ons almal maar ons monde toegemaak het, was daar seker nog ‘n aaklige ‘klankie’ ook by die vertoning!
raymond 2009 het gesê op November 14, 2010
Dankie Lewies ek het lekker gelag.
rosiemetdorings het gesê op November 14, 2010
ag, lewies, as liefde kon sien was daar maar bittermin huwelike wat nie gereël moes word nie
TS het gesê op November 14, 2010
Grinnik… ek het dadelik na jou beskrywing Antie Bybie gaan kyk waar jy woon want ek is so bang ek het haar in die spieël gesien vanmore
…Gelukkig het die Oom Lewies darem daagliks iets om na te kyk.
maryke-anne het gesê op November 14, 2010
Dank vader die liefde is blind ander was ek ‘n raksitter 🙂
shlwanjan het gesê op November 14, 2010
Foeitog {-;
louisna het gesê op November 15, 2010
Dalk het ant Bybie ander deugde wat die oog ontglip.
eiewys-gekkigheid het gesê op November 15, 2010
Whaaaaaaaaaaaaaaa Lewies baie goed geskryf!
bloukaap het gesê op November 15, 2010
hoe gannit?
pasella het gesê op November 15, 2010
Hi Jacvan! Was inderdaad ‘n genoeglike Sabbat!
pasella het gesê op November 15, 2010
Hi Elmi! Pure somer!
pasella het gesê op November 15, 2010
‘n Mens sê nie vir Antie Bybie “Hou jou bek nie!”
pasella het gesê op November 15, 2010
Net so Stilekke, verdra en verduur!
pasella het gesê op November 15, 2010
Hallo Raymond!
pasella het gesê op November 15, 2010
Is dit hoekom die gekafoefel meesal in die donker geskied? Wat so Ghaap hieroor sê?
pasella het gesê op November 15, 2010
En ek moet dit alleen opkyk Tina!
pasella het gesê op November 15, 2010
Hallo Kelly!
pasella het gesê op November 15, 2010
Hi Therina! Dankie, die dag was toe besonder aangenaam!
pasella het gesê op November 15, 2010
Nog nooit nie Maryke! Jy is ‘n chick met sjiek!
pasella het gesê op November 15, 2010
Oor Bybiekie kan ‘n man liries raak!
pasella het gesê op November 15, 2010
Ja, ag shame, die arme mens!
pasella het gesê op November 15, 2010
Sy het darem vir die skone Klein Bybie ontvang en gebaar!
pasella het gesê op November 15, 2010
Graphic Miesies, graphic!
pasella het gesê op November 15, 2010
Hi Tweeling!
pasella het gesê op November 15, 2010
Hoesit Pruim!
louisna het gesê op November 15, 2010
Dit wys jou, daar is tog ‘n “verborge” talent.
loudavisi het gesê op November 16, 2010
Hahahaha!
Nes Lewies ‘n storie kan inkleur – helder en duidelik,
pasella het gesê op November 16, 2010
Hi Lou! Alles binne die lyne!
I-like-silly het gesê op November 19, 2010
” en trou is die bril!”
zephur het gesê op November 19, 2010
ek het die prentjie van daai jean in my kop
LOL
Lekker naweek Lewies
pasella het gesê op November 19, 2010
hehehe! 20/20 visie!
pasella het gesê op November 19, 2010
Baby makes her blue jeans talk!
selle daai kant Zeppie.