Kakkies

Augustus 26, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Vanmiddag so teen half vier se kant besluit ek ek het nou genog gehad van werk, ek gaan die pad vat. So sonder Vroukie voel ek roekeloos, ek wil iets doen wat ek nie gewoonlik doen nie, ek voel soos ‘n lokasiebrak wat aan ’n ketting vasgemaak was en nou skielik losgelaat word. Ek wil iets doen, maar weet nie wat nie. Nou slip ek maar werk en gaan gym toe. Verbeeldingloos, ja. Maar gesond vir liggaam en gees, en wel ja, dalk vir die oog ook!

 

Thembi, ons veelbesproke burgemeester se sekrateresse of PA of so-iets, het dieselfde idee. Sy parkeer haar BMW neffens my Toyotatjie. In Afrika terme is sy ‘n mooi vrou, net jammer haar een oog is so dwalend. As sy vir jou kyk, fokus hierdie oog so vyf en veertig grade noord-wes. Maar hier staan sy by haar Beemer, krappend in haar handsak.

 

“I’ve lost my kakkies” lamenteer sy.

 

“Your what?!” verneem ek hulpvaardig. Dalk kan ek help soek

 

“My kakkies”

 

“Your kakkies?”

 

“Yes, my kakkies”

 

“I wish I could lose some of my shitty things too” korswel ek vertroostend.

 

“ No Ntate, I must pick up my children”

 

Het daghet overal. Haar car keys! My magtag, sy sê mos so! Of amper so.

 

“Maybe it is still in your office,” bied ek aan terwyl sy nou freneties skrop in haar handsak. Sy kyk effe gestoord op, ‘n verwonderde frons op haar voorkop. Die mank ogie swaai suid-oos.

 

“In my office?” wonder sy.

 

“Maybe, you could have put it on your desk”

 

“Oh Ntate, you are right. I am sure my kakkies are on my desk. Thank you!”

 

Ja fok. My kakkies dra ek saam met my.

 

 

62 antwoorde op Kakkies

  1. Ha Ha Haaaaaa!!!

  2. katrina het gesê op Augustus 26, 2010

    Lmga!!!!!

  3. hahahaha, dis kostelik!
    ello e afrika

  4. My kakkies is chronies soek. Dalk is dit ‘n kwaal by vroue.

  5. eros01 het gesê op Augustus 26, 2010

    Mooi pos, dit nou geniet!xR

  6. Oooooooooo hali ha!!!!! Ek het nou so lekker gelag!

    Het jy die ‘impressive’ program vir die Straatfees gesien? Wat van jy en vroulief en ek en manlief knak ‘n ietsie daar tussen die geroesemoes??

  7. lindiew het gesê op Augustus 26, 2010

    Lol – soveel van die tale ! Ha ha goed geskryf!

  8. Liewies ek het my geskeur. Dit was bakgat. Aksent is maar ‘n bliksem. Jy sal dit dalk waardeer. Ek woon en werk in Engeland en vanmiddag praat ek sommer bietjie stront met die Poolse skoonmaker wat slegs geradbraakte Engels kan pleeg. Ek vra haar uit oor haar werk, wanneer sy begin en hoe lank haar skof is en so en toe vertel sy my van haar eiers. Hoeveel eiers sy het en hoeveel sy betaal word per eier. Ek moes bietjie kopkrap, soos jy. Toe gaan die lig op. Hours. ‘Oh you’re hours!’ eksklameer ek. ‘Yes, my eiers!, bevestig sy.

  9. “…kakkies!”
    :-)) !!

  10. In ‘n outydse, plattelandse negosiewinkwel:
    Klant: I want peppah please.
    Winkelier: What kind, white or black pepper?
    K: Nooo, I want da toilet peppah!

  11. Bwhaaaaaaa Lewies net jy kan dit so oor vertel! Ek dra ook maar my kakkies aan my!

  12. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hallo Lisa!

  13. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    naandsê Katrina!

  14. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hallo Modderkoekie!

  15. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    mens moet maar jou ore spits en alle holtes toeknyp!

  16. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Tja, die rooitaal is en bly ‘n gesikkel!

  17. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Altyd iets nuuts uit Afrika, Lou!

  18. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Female kakkies syndrome!

  19. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hulle was gewees!

  20. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Thanks, Roosmaryn, altyd nice om jou hier te verwelkom.

  21. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    We are destined to meet!!

  22. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hallo Katjie! Die twaalfde taal?

  23. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hi Kletsgras–welkom hier op my werf! Ek beny altyd die Londonners, maar dan dink ek oos wes tuis bes.

  24. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Ons (hulle) skep ‘n nuwe taal!

  25. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hi Thomas, net so ou maat, net so!

  26. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Geduld Kamma, geduld, en nog geduld!

  27. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hehehe Vuurklip, Nou verstaan jy die waarde van ‘n derde taal!

  28. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Jissie Tweeling, nice om jou hier te hê!

  29. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Fanks Charlienkie!

  30. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Jy weet mos Miesies, soms moet mens maar bietjie nonsies maak!

  31. pasella het gesê op Augustus 27, 2010

    Hi Annemari! Mme Thembi se bydrae tot Afrikaans as she is spoken!

  32. Inderdaad!

  33. Berwick het gesê op Augustus 28, 2010

    Groetnis, Lewies!

  34. aeht1 het gesê op Augustus 28, 2010

    Ek het al die kommentare geniet en verlaaaaang na Afrika en sy mense.

    Hier in Kanada kyk sommige mense my lank aan as ek se ek kom van Afrika en ek is al gevra of my ouers swart was…. Ek is spierwit

  35. pasella het gesê op Augustus 28, 2010

    Hi Berwick!’n Aangename dag vir jou!

  36. pasella het gesê op Augustus 28, 2010

    Howdy Therina!

  37. pasella het gesê op Augustus 28, 2010

    Hi Tiela! Ja jong, as jy eers een keer Mrs Balls geëet het is onse land in jou bloed. Ek verlang my vrek na ons kiddies in die Kaap, ek kan my net indink hoe jou verlange moet wees. Sê vir die Kanadese jy is ‘n Paleface African!

  38. Hehehehehehe
    Dit was nou kakkies snaaks.

  39. pasella het gesê op Augustus 28, 2010

    Hallo Kerneels!

  40. Ek het weer hier kom lees…en lag alweer hardop. Hierdie een was SNAAKS!

    En ek wil nog se my kar het sy eie kakkies in homself toegesluit gister…sy koppie het begin raas…en nou moet ons heeltyd die kakkies oppas…want as mens dit in hom los sluit hy dit toe!

  41. pasella het gesê op Augustus 28, 2010

    Haai Lisa, ek waardeer dit dat jy weer kommentaar gelewer het. Kyk, ons almal weet die kakkies raak missing, maar as die kar nou begin saam speel raak dit scary, soos Stepen King se storie oor Christene, die kar met die bose gees! Ek dink jy moet jou kar verkoop!

  42. gidivet het gesê op Augustus 28, 2010

    Eish Lewies, baie goeie pos. Kan jy die volgende ontsyfer? (Konteks, kind in die klas wat haar hand opsteek en die volgende kwytraak):

    “Tee-cha-ma-got-sa-die”
    ……
    ……
    => Teacher may I go outside (i.e. mag ek kamer verlaat).

  43. Laat my dink aan die storie van die ou wat in die aand onder die straatlamp rondkruip.
    Die polisieman “stoot beat” (dis lank gelede) en vra hom wat hy maak – Nee, hy soek sy motorsleutels. Poliesman help soek, maar daar is niks.
    Nou waar het jy jou sleutels verloor? Daar oorkant die pad toe hy van die winkel af kom.
    Nou maar hoekom soek jy dan hier? Daar is nie ‘n lig nie.

  44. pasella het gesê op Augustus 29, 2010

    Jis, ek glo mens leer sulke uitspraak vertsaan na baie blootstelling!

  45. pasella het gesê op Augustus 29, 2010

    hahaha! Lekker een so op die Sabbat! Nou sien jy, die bleddie kakkies het ‘n manier om weg te raak!

  46. Hahaha!!! Too true…

  47. pasella het gesê op Augustus 29, 2010

    Naandsê Clari!

  48. ek het nou al 4 keer my kakkies in die kar toegesluit…..en kry toe vrydag die spaar sleutels in my handsak wat “weg was”!!!

  49. pasella het gesê op Augustus 30, 2010

    Die goed is gepox!

  50. pasella het gesê op Augustus 30, 2010

    Hallo Woernjaps, bly om jou weer hier te sien!

  51. Druktyd het gesê op Augustus 30, 2010

    Ek het nou my lekkerste lag vir die dag gehad!!! Baie baie dankie! So goed geskryf!

  52. pasella het gesê op Augustus 30, 2010

    dankie Druktyd! En welkom hier op my werf!

  53. Mirrag Lewies!

  54. zephur het gesê op September 1, 2010

    Heerlike Lentedag vir jou Lewies

  55. pasella het gesê op September 1, 2010

    Haai Silly!

  56. pasella het gesê op September 1, 2010

    Holadrihoeee!

  57. 🙂
    Ja . . .
    Ek’t nou die dag gesukkel met “buzzeries”
    (nie ‘n by-plaas nie)
    Bur-sar-ies.

  58. pasella het gesê op September 1, 2010

    Ken jy ‘n wiehaaikil? (Vehicle)
    Welkom hier op my werf!

  59. vok nou hoelank gat jy nog rus!

  60. Skerp Oom … het jy gesukkel om ‘pekking’ te kry?

  61. pasella het gesê op September 4, 2010

    I’ll be back!

  62. pasella het gesê op September 4, 2010

    Die bleddie wekkas vat al die pekking!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.