Om te bieg of nie

Augustus 24, 2010 in Sonder kategorie

Nee, ek gaan nie bieg nie. Ek gaan nie weer die allerverleenthede van die verlede uitgrou nie, laat Blommetjie maar vrot in die sloot.


Kan jy glo, die uwe is vanaand weer van sy gade verlate, in diens van hoër gesag sit sy weer in Pretoria. Toe maak ek kerrie en rys, en de kerrie smaak so kak soos kerrie en rys op ‘n Dopperbasaar. (“Skies susters.) Ek kort ‘n resep, of ander kerrie. Pamela die werfhond het ‘n homp topside mince as troos vir haar ounooi se afwesigheid gekry, ek gaan maar ‘n bottelkie rooies oopmaak, nie klaarmaak nie, more moet ek Mmabatho toe, en met al die klonkies en donkies wat daar by Rooigrond oor die pad flenter  moet ‘n mens oplet loop. Ek geniet nogal die ryery as ek alleen is, maar more het ek ‘n passassier. Hy laaik sokker en ek laaik rugby. Ek het nie lus om small talk te maak nie. Hoop maar hy dop om en dommel in.

 


29 antwoorde op Om te bieg of nie

  1. katrina het gesê op Augustus 24, 2010

    Waai tog maar vir al die klonkies en donkies daar by Rooigrond, dis waar ek grootgeword het. Hoor noudiedag oor die draadloos die onderwyser wat vir my pa en vir my skool gehou het lewe nog – nou al oor die 90. Iewers in Pta in ‘n ouetehuis. Ek was jarre laas daar – laat weet tog of dit nog steeds so droog is daar!

  2. I am back! 🙂

  3. louisna het gesê op Augustus 24, 2010

    YBX 1984. Mmabatho roep herinnerings op.

  4. lindiew het gesê op Augustus 24, 2010

    Hi daar. sterkte en veilig ry more. Jy gaan seker Lichtenburg om ry Mmabatho toe? Kyk uit hulle werk nog stees aan die pad. Was laasweek daar hulle maak alweer van 1 pad 2 paaie en die pad is ongelyk, en verder hou maar by die spoedgrense veral die gedeelte wat se 80, hulle het my nou die dag daar gevang en ek het maar 100 gery – die aanwysings is nie so lekker nie!

  5. veralda het gesê op Augustus 24, 2010

    food24.

  6. sklielik kom ‘n ou song by my op, weet nie of jy dit ken: die jong wat die koei oppas, hy trap die askoek vas………dis nou blommetjie se skuld

  7. Ons is nie gemaak vir alleen-wees nie. Geliefde was verlede week vir vier dae in daardie Petoorsdorp. En dit was aaklig. Groete vir die mense van Potch. Daar is nogal ‘n paar wat ek goed ken, onder andere prof Francois Venter by regte.

  8. Trakie het gesê op Augustus 24, 2010

    Small talk put mens uit. Ek geniet ook ‘n alleenryery, want dan kan ek my musiek en my musiek alleen, KLIPhard luister. Geniet intussen die bottelkie rooies wat jy nie gaan klaarmaak nie.

  9. Ek moet nie net vir jlou toffies laat kry nie, sommer my minskerrie resep ook, lyken dit my.

  10. eros01 het gesê op Augustus 24, 2010

    Gaan jy ook die Vierkleur hys daar by Rooigrond?

  11. Middag Lewies. Partykeer as mens so rondry is jou gedagtes so op sy eie darrem ook ‘n lekker ding, so bietjie perspektief op jou eie. Maar so lekker as jy terugkom an jou anderhelfte wag jou in, met ‘n lekker bordjie kos of wat se ek nou. Lekker aand!

  12. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Trooskos voorwaar!! Ek gaan rondkrap daar.

  13. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Ek het gewaai, en so het die Auguswind–troosteloos verby! En horingdroog.

  14. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    With a bang, I hope!

  15. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Hoop dis aangename herinneringe.

  16. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Dankie vir die waarskuwing, ek het twee lokvalle gekry, maar is ongeskonde daardeur.

  17. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Thanks PmP!

  18. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Ek ken hom nie Rosiedoring, maar klink of hy in mens se kop kan draai!

  19. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Ek kan alleen wees, Kobus, maar ek kan nie sonder Vroukie wees nie. Ek bly in Klerksdorp, so 50 km van Potch, toe ek my blogprofiel saamgestel het het die keuselys nie Klerksdorp as opsie gehad nie.
    Prof Francois Venter is welbekend in die geweste.

  20. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    En mens kan malkoppie maak en die ritme op die stuurwiel uitslaan, en lekker hard en vals saamsing!

  21. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Dis waar myne hoort, Annemari.Ek wil hulle rêrig nie weer tot lewe roep nie.

  22. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Laat hom kom Andre!

  23. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Ek slaan maar ‘n kossie aan om die tyd te verwyl, soms verbaas die resultaat my (op aangename wyse!)

  24. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Jy is lekker stuitig, Roosmaryn!

  25. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    …en ek wou so graag ‘n sjef gewees het!

  26. pasella het gesê op Augustus 25, 2010

    Daai weersiens is die lekkerste lekker!

  27. louisna het gesê op Augustus 25, 2010

    Heerlik.

  28. katrina het gesê op Augustus 25, 2010

    Horingdroog soos altyd. Sug. Ek is nie verbaas nie.

  29. gidivet het gesê op Augustus 28, 2010

    Ek het vir twee jaar in Mmabatho gewoon, tydens diensplig. Memories.

Los ’n antwoord vir pasella. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.