Ek hoor…
Augustus 22, 2010 in Sonder kategorie
(Lykdig vir ‘n kollega en vriendin)
Ek hoor die klanke van jou klavier in jou kantoor
Ek hoor die harmonieuse dreunsang van jou kore
Ek hoor jou geesdrif as ons ‘n nuwe projek bespreek
Ek hoor jou euforie as ons nabetragting hou
Ek hoor die speke sing as jy vertel van die Argus
Ek hoor jou verlange na jou liefkind in London
Ek hoor die kommer oor jou man se diabetes
En toe hoor ek jy is dood.
louisna het gesê op Augustus 22, 2010
Mooi stuk lewies. Sterkte
eros01 het gesê op Augustus 22, 2010
Ag Lewies ek is so jammer! xR
bloukaap het gesê op Augustus 22, 2010
liewe genade, hel Lewies. dis erg. sterkte
rosiemetdorings het gesê op Augustus 22, 2010
Die gemis van ‘n vriend/in is maar nie lekker nie
loudavisi het gesê op Augustus 22, 2010
Ag hene toggie, Lewies….
dis tragies.
Jy is dierbaar om dit vir haar te skryf.
katrina het gesê op Augustus 22, 2010
Ek het in die koerant gelees – sy’t kore gedoen, nie waar nie? Die dat my oog dit gevang het. Sterkte vir die deurwerk van die verlies.
kobusvictor het gesê op Augustus 22, 2010
Lewies, dit is hartseer wat geen salf kan genees nie.
Sterkte vir julle.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Dankie Ouboet.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Hi Roosmaryn.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Hallo Pruim.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Net so Rosiedoring. Die memories bly.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Dankie Modderkoekie.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Ja dis tragies Lou, sy was ‘n toonbeeld van mens sana in corpore sano (gesonde gees in ‘n gesonde liggaam)
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Hulle is ‘n familie wat vir mekaar omgee, ek dink dit help.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Hi Katrina, dit was haar passie.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Dankie Kobus.
pasella het gesê op Augustus 23, 2010
Ja, ek dink so. Herinneringe is te kosbaar om verlore te laat gaan.
shlwanjan het gesê op Augustus 23, 2010
Ai, Lewies.
verbeeldingsvlug het gesê op Augustus 23, 2010
Kort en kragtig en vrek sad!
zephur het gesê op Augustus 24, 2010
Lewies dis hartseer…klink of sy die lewe voluit geleef het.
Ou-Top het gesê op Augustus 24, 2010
Die skielikgeit van n naaste medemens se dood ruk n mens altyd uit jou waansin van gemaklik en verewig lewe.Vir my baie mooi en raak geskryf.
pasella het gesê op Augustus 24, 2010
Hi Clari.
pasella het gesê op Augustus 24, 2010
Sad voorwaar Nika
pasella het gesê op Augustus 24, 2010
Sy het Zeppie, sy was ‘n legende hier in ons dorp
pasella het gesê op Augustus 24, 2010
Dankie Ou Top.