Mos

Augustus 21, 2010 in Sonder kategorie

“Lewies, wanneer sit jy ‘n nuwe lig in die kombuis in? Ek het jou mos al lankal gevra”

“Jong, Vroukie, die rugby gaan nou begin. Dis mos die toets teen die All Blacks”

“ So dit sal nie vandag wees nie. jy sit mos altyd en suip as jy rugby kyk”

“Ai Vroukie, ek drink mos net een of twee whiskys”

“Een of twee te veel. Ek weet mos.”

“Ag fok Vroukie, jy moet mos nou nie so wees nie…”

“Moenie met daai houding by my kom nie. En jy weet mos ek hou nie daarvan as jy lelik praat nie.”

“Ag fok, Vroukie, “fok” is mos lankal nie meer ‘n vloekwoord nie. Dis hoeka deel van die omgangstaal”

“Mag so wees ja. Maar eers is dit “fok” en dan is dit mos ‘n hele geswetsery”

“Nee, Vroukie, nou oordryf jy. Jy weet mos ek is nie so nie”

“Ek weet. Die hele ding het nou begin omdat jy nie die lig insit nie. Dis donker in die kombuis, die een buis wat nog werk is mos nie sterk genoeg nie!”

“Ok Vroukie. Ek sit hom nou in. Dis mos nie ‘n fokken moerse groot job nie”

“Sien jy nou! Ek het jou mos gesê! Een “fok” en dan is dit ‘n geswets!”

“Ag Vroukie! Ek terg jou mos! Lekker uitgevang”

“Hmmm. As jy die lig ingesit het moet ek mos dankie sê, nie waar nie?”

“Hehehe! Net so! En die Bokke speel mos in elk geval kak!”

Dit was mos nou ‘n lekker tema!

23 antwoorde op Mos

  1. Maar jy het mos nou gebieg lewies!!

  2. baie goed lewies. ons is al op bieg. waar was jy?

  3. Ek het nog drie spaar buise hier by my. As die tannie mos nou meer as net een keer dankie wil sê!

  4. Gou weer opgevang hier by jou – altyd lekker om die saga van Lewies en sy Vroukie te lees!

  5. Hoop nie Vroukie m!*r jou met die f#^^*n buis oor die kop nie.

  6. louisna het gesê op Augustus 21, 2010

    Mooi, jy vloek mos nie..
    Kom ons hoop die bokke speel vandag beter lewies

  7. ooooo, my nerves is sat Lewies, ek kannie eers ‘n slukkie vikkin wyn vat nie

  8. Dit was mos nou ‘n interessante gesprek.

  9. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Hehehehe, Monica, waaroor nogal?

  10. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Fekns Maankind, ek waardeer ‘n kompliment van jou kant af. (Ook die shiners!)

  11. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Ai Verskriklik, die dinge waaroor ek moet bieg is nie goeie leesstof nie.

  12. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Dis hom Kerneels, a friend in need is a friend indeed!!

  13. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Soos ‘n GPS!

  14. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Hi Tronkie, ek ween oor SA rugby!

  15. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Ek waardeer jou kuier op my werf, Henry!

  16. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Dis ‘n occupational hazard, Rosiedoring!

  17. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Fokken bokke!

  18. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Meestal eenrigting, Pape!

  19. pasella het gesê op Augustus 21, 2010

    Hi Thomas, en fenks virrie shiners!

  20. louisna het gesê op Augustus 21, 2010

    Lees my nuutste post oor die bokke oppie stoep

  21. pasella het gesê op Augustus 22, 2010

    Dit lê by die skrumwerk en die laagvat, dink ek!

  22. pasella het gesê op Augustus 22, 2010

    Verblindende lig!

Los ’n antwoord vir monicahaddad. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.