Dit lyk so lekker want dit is so lekker!!

April 16, 2010 in Sonder kategorie

En toe speel ek ook saam, want dit lyk so lekker.

 

 

 

THREE THINGS ABOUT ME:

1 Ek  is nie ‘n tropdier nie. Ek kan oorleef as ek alleen is.

2 Ek is ‘n totale regterbrein mens, erg verstrooid.

3 Ek is ‘n rebel without a cause, in opstand teen alles. Al amper gemoer oor my ikonoklastiese uitlatings, bv, nee wag laat ek nie goeie kuberverhoudings befoeter nie!

 

A THREE NAMES I GO BY:

1 Louis

2 oupa Louis Loeikie

3 Lawiees!!

 

B THREE PLACES I’VE BEEN:

1 Ventersdorp

2  Karatara

3  Lykso

 

C THREE THINGS I LOVE TO WATCH:

1 ‘n Lekker moewie met breins

2 ‘n Cheetah Curriecup-finaal oorwinning oor die Blou Bulle

3 Vroukie as sy lekker lag

 

D THREE PLACES I HAVE LIVED:

1 Kroonstad, kleintyd. Wat ‘n wonderlike tyd , wat ‘n wonderlike plek!

2 Bethlehem, sjampanje-dorp.

3 Klerksdorp-my laaste rusplek?

 

 

E THREE PEOPLE WHO EMAIL ME REGULARLY:

1 Sandra

2 Christo

3 Beryl, met spesiale aanbiedinge vir die vergroting van DAAI orgaan. Maar sy het nie gekla toe… o, dit was Cheryl. Mmm, maar wie was Meryl dan?

 

F THREE THINGS I LOVE TO EAT:

1 Steers Burger

2 Cadbury tjoklits

3 Garage paai  (en Rennies!)

 

G THREE PEOPLE I THINK WILL RESPOND:

1 ..Iemand êrens?

2..

3 ..

 

H THREE THINGS I’M LOOKING FORWARD TO:

1  Julie se kuier by die kleinste kiddies.

2 Lang naweke

3 As ek tuis kom na ‘n paar dae weg van die huis.

 

Ecce homo!! Siedaar,  Lewies van A-H!

 

34 antwoorde op Dit lyk so lekker want dit is so lekker!!

  1. loudavisi het gesê op April 16, 2010

    Cheryl, Meryl – hahaha
    Hulle is nie belangrik as jy nie hulle name kan onthou nie.

    Ek hou nie van jou eetlys nie!

  2. pasella het gesê op April 16, 2010

    Jissie Lou, my span mediese spesialiste ook nie!

  3. Berwick het gesê op April 16, 2010

    “Wie was Meryl dan?” – :-)))

  4. Behalwe vir die bulle wat verllor is die lys nogal oukei …

  5. pasella het gesê op April 16, 2010

    Wonder ek nou nog, Beryl, agge Berwick!!

  6. pasella het gesê op April 16, 2010

    Gun my my ydele versugtinge Ludwig! Ek gaan nou na jou lysie loer!

  7. daai eerste drie kon net sowel ek gewees het 🙂

  8. pasella het gesê op April 16, 2010

    Dis die geelperskereën wat mens so maak Monica!

  9. Ek het daar op my bloggie vir jou geluk gewens … Ek moet bieg … ek het amper vergeet … Veels geluk met die storie … Dit wys jou wat gedoen kan word deur die manne … oeps en vroue en andere wat hier kommunikeer …

  10. Bly te kenne 🙂

  11. Aangename kennis!
    🙂

  12. louisna het gesê op April 17, 2010

    Lewies jou yster. Jou regterbrein laat my dink aan die teenoorgestelde: die tannie met die lekblaas wat die krom mik raaksien en die stunning beauty van die woud miskyk. As jy lus is vir Rennies, eet ‘n pie.

    Oor 29 jaar kan die Cheetahs dalk weer in die Curry Cup final wees.

  13. pasella het gesê op April 17, 2010

    Dis ekke daai, Maankind! Dankie!

  14. pasella het gesê op April 17, 2010

    Dankie Ludwig, ek gaan nou lees daar by jou!

  15. pasella het gesê op April 17, 2010

    Sy ken mos vir almal sy is almal se pel!

  16. pasella het gesê op April 17, 2010

    Hallo Maryke!

  17. pasella het gesê op April 17, 2010

    Dagsê Thomas!

  18. pasella het gesê op April 17, 2010

    Hi Therina, Lykso is ‘n peipklein plekkie, amper iets soos ‘n handelspos, daar êrens anderkant Vryburg op pad na die Kalahari. Ek was daar toe ons een keer Augrabies toe is. Ek onthou die plekkie omdat ons daar ‘n heel verspotte ervaring gehad het, van daai soort waar jy nie kan ophou lag nie en as jy later weer daaraan dink, kan jy om die dood nie verstaan wat dan so snaaks was nie!

  19. pasella het gesê op April 17, 2010

    ‘n Lekblaas kan ‘n bliksem wees!
    Ai Ouboet, sal daai vreugde my nie net weer een keer in hierdie lewe gegun word nie!

  20. pasella het gesê op April 17, 2010

    Ek kan net dink dit was ‘n ervaring soos uit ‘n gruwelfliek!

  21. pasella het gesê op April 17, 2010

    Hiert jou Murfie!

  22. louisna het gesê op April 18, 2010

    Kom ons hoop die beste vir jou.

  23. MarianaF het gesê op April 18, 2010

    Lewies, ons is “soul-mates”! Daai Cheetah ding – so na my hart! Ek is ook ‘n semi-kluisenaar,tjoklits en garage-paais!! Kyk “Shore Shank Redemption” vir ‘n AMAZING movie.xx

  24. MarianaF het gesê op April 18, 2010

    Is LykSO ‘n plek?

  25. MarianaF het gesê op April 18, 2010

    Ag gaan skyt, OUboet

  26. maninblack het gesê op April 18, 2010

    Lewies, ek dink ook my eie geselskap is die intelligentste.

  27. Ou-Top het gesê op April 18, 2010

    Lewies, gaan kyk op my spook/engel storie . Iemand verwar my met jou. Shit man, netnou kom jy iets oor, die goed klink vir my half onheilspellend.

  28. DallaSePa het gesê op April 18, 2010

    “2 ‘n Cheetah Curriecup-finaal oorwinning oor die Blou Bulle”

    Oom … maak jy my smile!

  29. pasella het gesê op April 18, 2010

    Hi Mariana, ou Stephen King kan ‘n lekker storie spin, lekker movie gewees!

  30. pasella het gesê op April 18, 2010

    maar is darem lekkerder as die ega terug is, Andre!

  31. pasella het gesê op April 18, 2010

    ‘n man kan mos droom DsP!

  32. pasella het gesê op April 18, 2010

    Eish Tronkie, elke Maandag neem ek ‘n besluit, nie weer nie!

  33. louisna het gesê op April 19, 2010

    Thanks

  34. pasella het gesê op April 19, 2010

    Jy ken die feeling Annemari! My oomblik het aangebreek! My naam in ligte! neon ligte! Eskom volente!

    Geniet die vakansie Annemari, dankie vir die gelukwense.

Los ’n antwoord vir monicahaddad. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.