Vanaand of nooit

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Vroukie is op pad terug, so pas ge – sms sy en haar kollegas is in die dorp, eers kantoor toe om af te pak want die huur-kombi moet terug.

 

As verrassing het ek vanaand ‘n kerrierige hoender op die stoof, so ‘n bredierige affêre, lyk dit my, die keer volgens ‘n resep, gekry agter op ‘n Knorrox-boksie. Hier kan nie fout gaan nie, ek het die resep noukeurig nagevolg. Die boksie het wel bietjie nat geword in die hoenderstok maar die resep is nog leesbaar.

 

Ek het ook ‘n bottel lekker rooiwyn gekry by Checkers, Tall Horse Shiraz, ‘n beskeie wyntjie, sonder enig grootdoenerigheid, maar wat kop en skouers (Tall Horse nê) bokant sy prysgenote uitstaan, die plonkdrinker se Cabernet Sauvignon. Shirax is my gunsteling, daardie kruidagtige geur van varsgekneusde gras wat die gedagtes meevoer na ‘n mistige landskap tussen die…

 

O fok, wat brand so?!

 

26 antwoorde op Vanaand of nooit

  1. loudavisi het gesê op April 14, 2010

    hihihihihi!
    Hahahahaha!

    Oe, jy’s vaaaking snaaks!

  2. Gharki het gesê op April 14, 2010

    Jy het my nou lekker laat lag. Geniet die ete en wyntjie.

  3. Berwick het gesê op April 14, 2010

    :-))

  4. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    …dan is dit maar Taal Horse en Liefde vir julle twee vanaand…

  5. katrina het gesê op April 14, 2010

    Solank die kerrie net nie die tonge te veel gebrand het nie 🙂

  6. zephur het gesê op April 15, 2010

    Ja toe voer die wyn jou te ver weg na mistige landskappe toe…en was daar lekker gesmul gewees.

  7. kerneelsie het gesê op April 15, 2010

    Tannie LOU!!!!!!!!!!!
    Daai TAAL!!!!!
    hehehe
    Lekker lag ek nou.

  8. kerneelsie het gesê op April 15, 2010

    Dit klink soos ‘n paar Sondae gelede in my ouers se huis. Ek stap by die voordeur in, kry so snaakse reukie.
    Stap gang af, waar ek Ma agter die rekenaar aantref. HOOGS de m… in. Ek draai toe maar om en stap uit, sonder om vrae te vra. Ek het al geleer, as Ma eers so lyk, bly jy uit haar pad. Sy het al eenkeer met daai look op haar gesig, ‘n kombuis en eetkamer in ‘n “Open plan” verander deur die muur, vrou alleen, af te breek(Dood ernstig!!!!)
    Op pad uit, kry ek Pa by die buite wasbak besig om ‘n pot te skuur.
    “Wat stink so daar binne?”
    “Kerrieboontjies! Mens sit nie kerrieboontjies op die stoof en raak aan die slaap op die bank nie. Veral nie as jy met jou Ma getroud is nie!”

  9. pasella het gesê op April 15, 2010

    Dis net as ek nie my medikasie gereeld neem nie Lou!

  10. pasella het gesê op April 15, 2010

    Haai Gharki, het goed afgegaan!

  11. pasella het gesê op April 15, 2010

    Silwerskoon, danksy swembad chloor! Net jammer van die gate.

  12. pasella het gesê op April 15, 2010

    Dan slip sy my net ‘n ekstra Valium in die plonk!

  13. pasella het gesê op April 15, 2010

    Hallo Berwick!

  14. pasella het gesê op April 15, 2010

    Is ok maar reg so Lisa!

  15. pasella het gesê op April 15, 2010

    hallo Zeppie, deur Bacchus bebliksem in die gees!

  16. pasella het gesê op April 15, 2010

    Ek hoor hulle praat van ‘n “ring sting” as die kerrie bietjie byt gehad het!

  17. pasella het gesê op April 15, 2010

    Nou sien jy nou, Kerneels, shit happens!

  18. He,he Lewies lag ek nou!
    Jiss jy is oulik om vir vroutjie so te bederf. En moenie wyn praat nie seblief ek word reeds deur die familie verwys na ‘die wyn vlieg’.
    Ek lief natuurlik enige Rose en enige wyntjie van four cousins en en en wag lat ek ophou.

  19. pasella het gesê op April 15, 2010

    Hi Tweeling, ‘n lekker wyntjie is nooit te versmaai nie, probleem is, hoe meer ek drink, hoe lekkerder word die wyn!

  20. pasella het gesê op April 15, 2010

    Ek leuwe!! Soos Annelie van Rooyen sing.

  21. dinkweer het gesê op April 15, 2010

    Wat het gebrand? Moes groot brand wees dat jy nou nog so stil is? Blus jy nog die vure? Hopelik is die Kabernet dan nog in die bottel. Die ander ook.

  22. Geluk met jou prys met die blits fiksie kompetisie. Ek hoop nie jy’t daai bredie verkool nie 🙂

  23. pasella het gesê op April 16, 2010

    Ek het darem oorleef, net die ego is erg geskroei!

  24. pasella het gesê op April 16, 2010

    Dankie Maryke! Dit was rerig pret om deel te neem.

    Die resep van daai bredie is welbekend, maar die metode is ‘n eksklusiewe Lewies-innovasie!

  25. Pietstok het gesê op April 17, 2010

    Ek het ook eenmaal ‘n resepteboek in die oond gedruk – jy moet kyk of dit nie dit is wat brand nie.

  26. pasella het gesê op April 17, 2010

    Jy meen jou resep was behoorlik klaar en gaar!

Los ’n antwoord vir eiewys-gekkigheid. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.