Twee Lewiese aan die stront praat.

April 12, 2010 in Sonder kategorie

 

“Fokkit, en daar sit Vroukie nou weer vir twee dae in Rustenburg”

 

“Mmmm, en hier sit ek alleen soos ‘n uil op ‘n kluit”

 

“Darem lê ou Pamela hier by my voete.”

 

“Skrale troos. Wat eet ek vanaand?”

 

“Eers ‘n glasie plonk, net een”

 

“Ok, maar dalk twee”

 

“Nie meer nie”

 

“Nou wat sal ek eet? Pap en rooivis? Pap en chakalaka?”

 

“Nee wag, Vroukie het gister genoeg kos gemaak sodat daar vir vanaand ook sal wees”

 

“Nou dink sy ek kan nie vir myself sorg nie?”

 

“Wel, na laas…”

 

“Ja maar laas was ‘n ongeluk”

 

“Sy het nie so gedink nie”

 

“Ek het darem opgeruim.”

 

“Nie baie deeglik nie. Daar het nog roet aan die gordyne gehang”

 

“Onthou jy daai keer toe ek haar wou surpraais met appelkooskonfyt wat ek self gekook het? So uit Miesies de Villiers se  boek”

 

“Jy moes nie gaan gym het toe die konfyt nog gekook het nie.”

 

“Die plaat was dalk te warm”

 

“Daai bobbels wat so stadig opswel en bars, soos magma in ‘n vulkaan”

 

“Daai Vroukie wat uitbars soos Vesuvius”

 

“Fok. Ek moes daai pot weggooi en ‘n ander een koop.”

 

“Ons het hom nog by Antie Roos gekry as trougeskenk. Hy het sulke geel rose opgehad”

 

“Daai keer toe ek die hoender gebak het in appelkooskonfyt”

 

“Gelukkig kon jy die bak skoon kry met Zeb”

 

“Gelukkig ja, daai Franse potte is fokken duur”

 

“Daai keer toe jy poached eiers gemaak het en vergeet het om water in die pannetjie te gooi”

 

“Sjit, ek het nie geweet brandende plestiek kan so stink nie”

 

“Is daar een gereg wat jy met sukses kan maak?”

 

“Ja wel, ‘n ham, kaas en tamatietoebroodjie is darem nie buite my bereik nie.  Dis net wanneer ek die bleddie ding wil toast”

 

“Mmmm, dalk moet jy die toeklap toaster gebruik”

 

“Nog ‘n glasie plonk?”

 

 

 

18 antwoorde op Twee Lewiese aan die stront praat.

  1. Berwick het gesê op April 12, 2010

    :-))

  2. loudavisi het gesê op April 12, 2010

    Ek lag nou so lekker, Lewies.
    Vroutjie moet beter weet as om jou alleen in haar kombuis te laat!

  3. pasella het gesê op April 12, 2010

    Hi Berwick!!

  4. pasella het gesê op April 12, 2010

    Sommer die gordyne ook Maankind!

  5. pasella het gesê op April 12, 2010

    nee, Lo-Ammi, ons praat maar so met myself!

  6. pasella het gesê op April 12, 2010

    Pure tiektak hier aan my kant, Lou!
    Ag askies, taktiek!!

  7. pasella het gesê op April 12, 2010

    Hehehe, Vroukie het gesorg!

  8. Jy klink nes ek – “Bull in a China Shop..”
    🙂

  9. pasella het gesê op April 13, 2010

    Dis makliker om te braai, Thomas!

  10. MarianaF het gesê op April 13, 2010

    JY bly uit my kombuis uit!!!

  11. pasella het gesê op April 13, 2010

    Hi Mariana!! Kulinêre meesterskap is my nie beskore nie!

  12. pasella het gesê op April 13, 2010

    Naandsê Flenters, noudat jy dit noem, haar ekskursies word al gereelder!

  13. pasella het gesê op April 13, 2010

    Die pizzaman en die hond is al hand om die blaas buddies!

  14. Lees ‘n resepteboek so saam met die plonkies. Jy sal verstom wees, hoor :-))

  15. pasella het gesê op April 14, 2010

    More Therina! vandag is my graswewenaarskap verby! (voorlopig, tot die volgende keer!)

  16. pasella het gesê op April 14, 2010

    Goeie raad AntieDottie! Dan moet mens nou net seker maak jy mix nie die mates op agv die plonkies nie!

  17. Pietstok het gesê op April 17, 2010

    Het julle tweetjies (Lewies en Lewies) dit toe darem oorleef?

  18. pasella het gesê op April 17, 2010

    daai anner Lewies is nie goeie geselskap nie!

Los ’n antwoord vir AntDottievanDotkom. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.