Weer uil alleen op ‘n kluit
Maart 13, 2010 in Sonder kategorie
Stoksielallen op ‘n Saddardagaand.
Ja, hier sit ek weer als Piet Snot, Vroukie opgekommandeer vir hogere diens in Pertoorsdorp, die hoofsetel van die organisasie vir wie sy werk. So oor ‘n naweek, kan jy nou meer. G’n respekte vir God en sy gebod nie.
So wonder ek by myselwers.
” Wat eet ek vanaand?”
“Knorrox en pap, maak sommer genoeg vir more ook”
“En vir Maandag se skoftin, eet dit saam met atjar”
“Ek het nou al genoeg rugby gekyk, en American Beauty, my gat is nou deurgesit”
“Nog ‘n glasie plonk?”
“Nee, plonk maak my dronk”
” ‘n Nightcap? Whisky?”
“‘n Dubbel?”
” Dan sien die bottel sy gat gou-gou”
“Die bottel is reeds boomskraap”
“Fok”
“Jy is kak geselskap vanaand”
“jy ook”
“Fok jou”
“Ja, fok jou ook”
Nou gaan ek / ons slaap.
Onlangse kommentare