Vroegoggendreën
Maart 27, 2010 in Sonder kategorie
Dit reën so van vyf uur af, sak taamlik fris uit. Lekker so op ‘n Saterdagoggend. Die ou mense sê so ‘n vroegoggendbui is soos ‘n oumeid se dans, dit duur nie lank nie, maar die lug is toegetrek en swanger, ‘n tipiese geelperske-reën.
Ek en Vroukie het beplan om vandag Kroonstad toe gaan om vir die Club Octogenarian te gaan kuier. Dis vir my ‘n moerse depressing uitstappie, die dorp waar ek grootgeword het en wat eens werklik die mooiste dorp in die Vrystaat was is so opgefok deur swak en korrupte munisipale bestuur dat dit nou soos ‘n brandsiek scrapjaart hond daaruitsien. Dis simbolies dat die pad waarmee ons die dorp binnekom eers langs die begraafplaas verbyloop en dan verby ‘n uiters vervalle gedeelte van die lokasie. Troosteloos. Die pad vanaf Klerksdorp oor Viljoenskroon is ook nie meer in ‘n goeie toestad nie, en so met die reën is die slaggate verskuil in die water. Dus, nie ‘n trippie waarna ek uitsien nie. Sal ons die kuier uitstel? Ons het reeds die Club ingelig dat ons kom en hulle sien uit na die kuier, daarby is daar ‘n paar admin sakies wat ons moet uitsorteer. So, lyk my ry sal ons ry.
Die gedagte aan die pad vol slaggate laat my dink aan die stelling dat die registrasieletters van die provinsiale nommerplate ‘n aanduiding is van die graad van die potholes in daardie spesifieke provinsie: Gauteng (GP) Groot Potholes, Mapumalanga (Fok, ek kry die piep as Riaan Cruywagen dit so oordrewe uitspreek!!), MP Moerse potholes, en Vrystaat (FS) Fokken Slote!
wynvdm het gesê op Maart 27, 2010
Ja Lewies, in die ou dae het amptenare hul werk goed gedoen want hulle was of trots, of bang iemand kla en kry die trekpas. Vandag voel hulle ‘n veer want hulle het geen trots nie en weet hulle sal nie gefire word nie.
Doubtingthomas het gesê op Maart 27, 2010
Versigtig ry – ek was ook ‘n rukkie gelede in Kroonstad op pad Hennenman toe. Ek stem – daardie eens pragtige dorp lyk verwaarloos en afgeskeep. Donnerse skande.
DallaSePa het gesê op Maart 27, 2010
“Dis vir my ‘n moerse depressing uitstappie, die dorp waar ek grootgeword het en wat eens werklik die mooiste dorp in die Vrystaat was is so opgefok deur swak en korrupte munisipale bestuur dat dit nou soos ‘n brandsiek scrapjaart hond daaruitsien.”
O donner … ek dink Oom ken dalk my skoonpa …
DallaSePa het gesê op Maart 27, 2010
Absoluut …
loudavisi het gesê op Maart 27, 2010
Geen potholes in die Wes-Kaap nie!
loudavisi het gesê op Maart 27, 2010
Geniet! Potholes of te not.
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Ek word so magteloos de bliksem in daaroor.
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Hi Thomas! Uit en veilig tuis!
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Ek onthou in die ou dae het die mense die arme stadsraad so sleggesê!
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Hi DsP, jammer man! Ek het nie bedoel om jou aan hom te herinner nie!
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Ja wat, ons kuier lekker daar. Ons voel ons beteken iets vir die oues van dae.
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Die kuiers is lekker Flenters, verg soms baie geduld en altyd ‘n bietjie begrip!
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Ek stem saam Lou, toe ons Kaap toe was oor Desember het ons geen pothole gesien nie, moet darem sê dit geld vir die hele pad, ook die gedeelte in Noord-Wes en Noord-Kaap, dis nou die N12, maar moet net nie by een van die dorpies langs die pad indraai nie! (En dis vir ons een van die plesiere om die lang pad kort te maak)
pasella het gesê op Maart 27, 2010
KM (Kroonstad Munisipaliteit) behalwe vir Kak Munisipaliteit kan ek aan nog ‘n beskrywende een dink, maar nou ja, ons vermy mos rassistiese uitsprake.
PIETERSTUYVESTOKKIE het gesê op Maart 27, 2010
Na die reen verkoop ek nou kaartjies by die een pothole in ons dorp – die kinners swem te lekker.
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Wyn Pyn!
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Ja Pieter, want die munisipale swembad is ertjiesop.
pasella het gesê op Maart 27, 2010
Jinne Pieter, ek wil graag daar op jou blog gaan loer, maar Lettersmash laat nie toe dat ek jou access nie. Ek sal maar van ‘n ander hoek probeer as ek jou êrens raakloop.