‘n Dooie taal sorg vir ‘n smile

Maart 21, 2010 in Sonder kategorie

Ek het van Woensdag tot Vrydag deurgebring in Christiana, by die voormalige Rob Ferreira – oord, deesdae een van die Protea hotelle. Luuks en lekker verblyf, ver bo my finansiële vuurherd, maar goedgunstiglik geborg deur die Noord – Wes Provinisale Administrasie wat daar ‘n sg Stakeholders’ Workshop aangebied het. Heel aangenaam so op die vooraand van die lang naweek. Lekker ook om met die ou kollegas te kuier en kennis te maak met nuwes. Een van die aanbiedings het gegaan oor rampbestuur, wat om te doen as Armageddon hier op jou voorstoep uitbreek. Na ‘n lang, maar interessante voordrag van een van die ouer kollegas, sluit sy af met die goeie raad dat ‘n lys van kontaknommers van diensverskaffers na so ‘n ramp byderhand gehou moet moet word. Sy noem dan ‘n klompie voorbeelde, polisie, brandweer, ambulansdienste, professionele skoonmaakdienste en so aan, en sluit dan af: “portable toilets, excreta, excreta” (Sic) Ja nee, Latyn mag ‘n dooie taal wees, maar roekelose gebruik kan vir glipsies soos die sorg, soos die ou Romeine sou sê, lapsus linguae (‘n tongglipsie). Was dit dalk ‘n Freudiaanse glips, het die aanbiedster dalk heimlik gedink dat sy ‘n klomp kak kwytraak?

 

En nou is ek terug, lekker gelees aan ‘n klompie blogs, ek moet nog by ‘n paar uitkom. Met leedwese het ek verneem van Jan Twak se afskeid, hoop jy verander van plan, Jan!

20 antwoorde op ‘n Dooie taal sorg vir ‘n smile

  1. HeavyHenry het gesê op Maart 21, 2010

    Semper in excreta…

  2. MarianaF het gesê op Maart 21, 2010

    Hie, hie, hie

  3. abrham het gesê op Maart 21, 2010

    ek het ook een keer so freudiaanse glips gehad, my maag het resies gejaag, die portable was broek skeur ver, die papier one ply en toe, toe bemes ek my spanner waarmee ek melk. gelukkig is ek nie moslem nie

  4. Ou-Top het gesê op Maart 21, 2010

    n Mens moet ook nie te windgat probeer wees in jou taalgebruik nie, glipsies kom. Soos “deus ex machina”, waar jy die deksel van jou swartpot aflig en vir mede kampeerders trots wys hoe potjiekos moet lyk en ruik terwyl n duisend voet bo in die hemel n arend in volle vlug aan n hartaanval sterf en teen 200 kilometer per uur afduik en reg in jou oop potjie beland. Ja, die god van die masjien se lawwe grappie.

    Daar by die einste Rob Ferreira het ek eeue gelede met n geelgroen plastiek padda n grootbek geelvis van 5kg uitgetrek. Sommer die foto nou weer gaan bekyk.Dis wat ek hou van blogs.

  5. loudavisi het gesê op Maart 21, 2010

    Ooopsie!

    Weet sy van haar glipsie?

  6. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Hi Annemari, ek glo nie sy weet dis Latyn nie!

  7. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Hier diep uit die onderbewussyn, Maankind.

    (al begin pak vir die trek noordwaarts?)

  8. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Ad infinitum in excreta, amice!

  9. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Hi Mariana!
    (Is die Pukkie al tuis?)

  10. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Gatslag, Abrham!

  11. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Uhh-hmmm. Ja nee daai Sondagmiddagslapies!

  12. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Klink soos Socrates, of was dit nou ‘n ander Griekse filosoof, wat sy einde ontmoet het toe ‘n arend ‘n skilpad van omhoog laat val het en die vir Socrates op die kop getref het.

    Die chalets daar is nou ‘n aftree-oord, vreemd né.

  13. pasella het gesê op Maart 21, 2010

    Hi Lou, ja, ek sê toe vir haar dis ‘n slim pun gewees, maar ek kon duidelik sien sy weet nie wat ek bedoel nie.

  14. Die klok hoor lui maar weet nie waar die tepel hang nie…
    🙂

  15. pasella het gesê op Maart 22, 2010

    Slim een daai, Thomas!

  16. Lyk my sy ly aan mondelinge excreta 🙂

  17. pasella het gesê op Maart 22, 2010

    Jy meen as sy haar mond oopmaak praat sy dubbel k!

  18. shlwanjan het gesê op Maart 24, 2010

    excreta excreta…..

    Ek het nou vir ‘n minuut lank sit en lag voor ek dit wegbêre vir defnitiewe gebruik in die toekoms.

    O jinne dis PRESIES wat ek meer dikwels al gedink het wanneer ek sit en luister na sogenaamde ‘kenners’.

    excreta….hahahahaHAHAHAHAhaha…

  19. shlwanjan het gesê op Maart 24, 2010

    Het sy jou nie gevra wat is ‘n pun nie?

  20. pasella het gesê op Maart 24, 2010

    Hi Klarisabet!

Los ’n antwoord vir shlwanjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.