Weer uil alleen op ‘n kluit
Maart 13, 2010 in Sonder kategorie
Stoksielallen op ‘n Saddardagaand.
Ja, hier sit ek weer als Piet Snot, Vroukie opgekommandeer vir hogere diens in Pertoorsdorp, die hoofsetel van die organisasie vir wie sy werk. So oor ‘n naweek, kan jy nou meer. G’n respekte vir God en sy gebod nie.
So wonder ek by myselwers.
” Wat eet ek vanaand?”
“Knorrox en pap, maak sommer genoeg vir more ook”
“En vir Maandag se skoftin, eet dit saam met atjar”
“Ek het nou al genoeg rugby gekyk, en American Beauty, my gat is nou deurgesit”
“Nog ‘n glasie plonk?”
“Nee, plonk maak my dronk”
” ‘n Nightcap? Whisky?”
“‘n Dubbel?”
” Dan sien die bottel sy gat gou-gou”
“Die bottel is reeds boomskraap”
“Fok”
“Jy is kak geselskap vanaand”
“jy ook”
“Fok jou”
“Ja, fok jou ook”
Nou gaan ek / ons slaap.
pasella het gesê op Maart 13, 2010
Ek is so bang ek gaan by die buurvrou slaap!
lindiew het gesê op Maart 13, 2010
LOL
jr_hewing het gesê op Maart 13, 2010
hene maar ons het ‘n hele klomp alleenslapers hier vanaand.
Poppiekreer het gesê op Maart 13, 2010
Shame, cheers en lekker slaap! LOL
maryke-anne het gesê op Maart 13, 2010
‘n Koffietjie met ‘n skeutjie Amaroela?
loudavisi het gesê op Maart 14, 2010
Jy laat my lag, Lewies.
Altyd!
plankloper het gesê op Maart 14, 2010
Ken daai gevoel…
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Ons kan ‘n klub stig!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Hi Poppie!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Klink na ‘n rein gedagte, Maryke!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Is nie ek nie, Tronkie, is daai anner ou!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Hallo Lou! Hoop jy het ‘n lekker Sondag daai kant.
pasella het gesê op Maart 14, 2010
More Plankloper! Vroegoggend is die gevoel darem nie so erg nie, maar kom Sondagaand, ai, dan help ‘n knertsie ook nie!
Ou-Top het gesê op Maart 14, 2010
Die meeste ouens wens dat hul kwaai vrouens vir n hele naweek by haar Ma gaan kuier, jy mis joune verskriklik. Tel jou seeninge broer,
plankloper het gesê op Maart 14, 2010
Niks help dan nie. Maar mens kan darem bel deesdae en haar stem hoor. Maar aan die anderkant maak dit dinge weer erger!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Eish, Ou Top, ons is al so lank saam, ek kan nie anders as om haar te mis nie!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Ai, die weersiens Maankind, die weersiens!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Ek maak maar die beste van ‘n slegte saak, Sonellie!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Hi Annemari, Sondagaande is my goorvoeldrempel baie laag, sal maar na ou Leonard Cohen sit en luister!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
En almelee kom daai scrapjaart hond mos Sondagaande sy been lig!
jannel1 het gesê op Maart 14, 2010
En dan blameer mense Letterdash vir dubbel inskrywings!
Hello Oom Lewies!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Dagsê Janneman, Koning van die Kakpraters!
pasella het gesê op Maart 14, 2010
Ja dankie, Murhpy, die heersende omstandighede in ag genome!
Papegaaislaai het gesê op Maart 15, 2010
Ek het dieselfde probleem. Ek drink net twee doppe dan’s ek ‘n ander ou en dáái ou kan suip!
pasella het gesê op Maart 20, 2010
Hallo Papeslaaie!