Back in the saddle again

November 23, 2009 in Sonder kategorie

So ‘n maand of wat gelede sit ek daar in Mafifikokkenkeng in ‘n kursus oor projekbestuur. Die was nogal ‘n ernstige poging, aangebied deur UP, nie die hierjy goete wat so dikwels oor my pad kom nie. Deel daarvan was om ‘n werkstuk na afloop van die kursus in te handig om ‘n sertifikaat van UP te verwerf. Nou ja, ek het ‘n lewwetrie vol sertifikate, beginnende met die geboorte een, toe dag ek voor ek nou by die sterfte een uitkom, laat ek die een traai, hy sal darem mooi lyk so op die mantel piece, in ‘n Clicks raam, so skuins gedraai neffens my en Vroukie se trou portret. Kan dit ook saamneem eendag na Huis Westergloor, om my te herinner aan vervloë glorie. In oormoed pak ek toe die uitdaging aan, maar sommer gou voel ek soos ‘n tweedehandse Griek wat sy eerste Marathon doen–my akademiese fiksheid was laas in Sub A onder Juffrou Langie so tien bo gemiddeld, nou is dit gone with the wind. Ek sukkel, al my trieks uit die studente jare is nou so deursigtig soos ‘n neglige in die maanlig, vol beloftes maar sonder resultate. So op die nipertjie wil-wil ek besluit: te moer met die sertifikaat, maar glorie en eer laat my vasbyt. Eindelik–daar is die gewraakte opdrag signed, sealed and delivered. Nou sit ek hortend en wag op die uitslag. Darem kan ek nou weer hier op die blogs dwaal en probeer inhaal op wat ek misgeloop het!

22 antwoorde op Back in the saddle again

  1. ag lewies my bors swel nou met trots vir jou…..

  2. het jy onthou om die adres op die koevert te skryf Lewies? ;D

  3. Berwick het gesê op November 23, 2009

    :-))

  4. U go cowboy!
    Laat weet as jy weet…ok, net as die uitslag goed is.

  5. pasella het gesê op November 23, 2009

    Ai Flenters, in ‘n oomblik van oormoedigheid!

  6. pasella het gesê op November 23, 2009

    Ek probeer maar die vaandel des Wes-Transvaal laat wapper, Monica!

  7. pasella het gesê op November 23, 2009

    Sjittt!

  8. pasella het gesê op November 23, 2009

    Hi Berwick!

  9. pasella het gesê op November 23, 2009

    had ek maar ‘n Juffrou Lou om my te onderskraag!

  10. jannel1 het gesê op November 24, 2009

    Ons wag saam met jou in spanning…

  11. zephur het gesê op November 25, 2009

    Aan Lewies Mymer

    Sertifikaat van Verdienste

    Vir goeie vordering in akademies
    Vir besondere hoë prestasie behaal in die sak van die toiletdeksel

    Geteken
    Die Kanselier van die Universitiet van UPFHEO

    Hehehehe

  12. lekker lag ek nou vir Zep!!!

  13. waarvoor staan die: upfheo?

  14. pasella het gesê op November 25, 2009

    Hi Therina!

  15. pasella het gesê op November 25, 2009

    Dagsê Janneman!

  16. pasella het gesê op November 25, 2009

    laat weet van die UPFHEO, ek wil darem weet waar my kwalifikasie vandaan kom!

  17. pasella het gesê op November 25, 2009

    Ja nee Silly, trust Zeppie om oneerbiedig te wees teenoor die
    (k)akademie!

  18. DagSê Oom!
    :)))

  19. Skerp Z-man!

  20. zephur het gesê op November 26, 2009

    Universiteit van Pefolhofhoelo

  21. is jy weer besig met kattekwaad dat jy so stil is?

  22. zephur het gesê op Desember 4, 2009

    Jy is weer stil hier

    lekker naweek Lewies

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.