Pop
Oktober 31, 2009 in Sonder kategorie
Ja, pop bars my borrel. Fokkitie fok. Was dit Jonathan Kaplan se beste vertoning as skeidsregter? Nie dat die saak sou maak aan wie die wedstryd wen nie, van sy beslissings teen die Bulle was vir my ewe vreemd, maar dit sou dalk die frustrasie vlak verminder het. Nou ja, as jy teen die beste skrumskakel in die wêreld speel, teen die beste slotpaar in die wêreld, teen ‘n losskakel wat nie ‘n voet verkeerd sit nie en dodelik pale toe skop, teen die grootste skare fanatici, met ‘n losskakel wat meer ten gunste van die opponente gespeel het, sy nuwe span né, (jammer vir die insinuasie, ek bedoel dit nie), moet jy wragtag goed wees om te wen. Nietemin, die Cheetahs is nog steeds die beste span! Go Cheetahs, ek staan en val nog steeds by julle, van toentertyd se Vrystaat, tot in aller ewigheid!
Poppiekreer het gesê op Oktober 31, 2009
Dit was ‘n goeie wedstryd nie waar nie. Ek moet se die Cheetah’s het uitstekend gespeel, baie geluk.
loudavisi het gesê op Oktober 31, 2009
Ja, Lewies, ek sien en stem saam.
fokkitiefok..
blondeabrham het gesê op Oktober 31, 2009
sela sela
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
Ai Poppie, is ‘n troosprys jong!
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
Jinne Lou, ‘n f woord, darem ‘n verkleinwoord, uit jou mond! Die bleddie rugby se skuld!
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
Hi Sonel!
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
Volgende jaar Flenters!
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
My bubble is al so baie keer gebars Annemari, maar die hoop vervaag nooit nie! Dum spiro, spero!
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
Amen!!
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
Sê ek mos ook, Anha!
jannel1 het gesê op Oktober 31, 2009
Ag wat Oom Lewies. Ek vat maar die houe op die ken. My hart sal niemand raakslaan nie.
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
Dis hom Jan! Dis die gees!
pasella het gesê op Oktober 31, 2009
En ek laaik blou! Soos in die middag op die hoëveld se lug, of die see daar doer ver op die einder, maar fokkit, daai bloublou geverfde bakkiesse soos Boudica se soldate pie my af!
Hoop jy het ‘n A ok Sabbat!
Papegaaislaai het gesê op November 1, 2009
Dit kon erger gewees het. Jy kon vir SWD geskree het.
pasella het gesê op November 1, 2009
Vanoggend lyk dinge darem beter Beatri!
pasella het gesê op November 1, 2009
Die keuses wat ‘n mnes moet maak in die lewe Papeslaai!