‘n Engeleskaar op my voorstoep.

Oktober 24, 2009 in Sonder kategorie

Dienggggh!

“Middag Morena”

“Middag Baas. Baas ek is Abraham. Ek soek skrop. My kinders is honger, daar is nie kos by my huis nie. Ek sal die kar was, ek soek net geld vir pap en paraffien.”

“Ek het nie werk vir jou nie, Abraham. Ek het ‘n man wat my help, maar ek sal vir jou kos gee”

“Dankie Baas”

Dienggghh!

“Middag Morena”

“Middag Baas. Ek is Daniël’

 Ek is Ezekiel

 Ek is Isak

                         Ek is Jakob

                         Ek is Johannes

                         Ek is Job

                         Ek is Petrus

                         Ek is Simon

                         Ek is Zagaria

Ek soek skrop. Ek loop die hele dag, ek kry niks. My kinders is honger, daar is nie kos by my huis nie. Ek sal die kar was, ek soek net geld vir pap en paraffien”

Eendag.

Diengggh!

“Middag Morena”

“Middag Baas. My naam is Gabriël”

Weer eens, sorry vir die kak uitleg,  te danke aan Letter fokken trash

                                   

12 antwoorde op ‘n Engeleskaar op my voorstoep.

  1. Genade tog, Lewies.
    Hoe hou jy en jou beursie dit?

    Ek dink jy moet dink aan trek.

  2. veralda het gesê op Oktober 24, 2009

    en skielik was daar saam met die engel ‘n leerskare wat sing vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae…

  3. LOL!

  4. pasella het gesê op Oktober 25, 2009

    Ons het al daaraan gedink Lou, maar dis steeds goedkoper om ‘n paar brode en blikkies rooi vis byderhand te hê

  5. pasella het gesê op Oktober 25, 2009

    Dis net so Flenters. Ek glo mens moet jou oorvloed deel.

  6. pasella het gesê op Oktober 25, 2009

    Was dit maar werklik so Poppie! Dis die uitdaging vir ons sterflinge hier op Moeder Aarde!

  7. pasella het gesê op Oktober 25, 2009

    Hi DsP!

  8. pasella het gesê op Oktober 25, 2009

    Dis net hoe dit hier by ons is Maankind, g’n devil’s fork om die ingele uit te hou nie!

  9. pasella het gesê op Oktober 25, 2009

    Jis Therina, soos daai poephol van ‘n minister van polisie, lyk my hy probeer eiehandig die land bankrot jol.
    Geniet die dag daar in die Kaap. Ai, ek verlang na daai wêreld!

  10. He,he Liewies al my simpatie kom jou toe!

  11. jannel1 het gesê op Oktober 27, 2009

    Wees dankbaar, hy kon seker gesê het:

    “Middag, My naam is Gabriel. Die Baas soek jou”

  12. LMGA vir Jan Nel!
    Maar dis ‘n bodemlose put met geen einde in sig nie, ai.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.