Anner baas draai mantel (Lees saam met Abel die Cheetah)

Oktober 19, 2009 in Sonder kategorie

“Middag Abel! Hoe gaan dit?”

“Eeeh Baas! Gaan goed Baas”

“Jy het die tuin mooi opgeruim na die hael Abel. Ek het 27 sakke blare laat wegry”

“Baas?”

“Ek sê jy het die tuin mooi skooongemaak. Dit was twenty seven plastics vol blare”

“Hau bathu!”

“Kaniti. Jy het hard gewerk, dankie”

“Want ek sê ok dankie by die Baas. Jy help my altyd”

“Ons help mekaar, Abel. Ek sien jy het nou ‘n Bulls rugbyhemp aan. Is jy nou ‘n Bulls supporter”

“Baas?” Fokkit Abel!

“Ek sê ek sien jy het vandag ‘n ander hemp aan. Nou die dag het jy ‘n Cheetah hemp aangehad”

“Eeeh Baas”

“Nou watter team support jy?”

“Ek support die Bucs, Baas”

“O, ok. Maar waar kry jy die Bulls hemp”

“Dis daai anner baas, Baas.   Hy sê hy laaik nou weer daai anner hemp wat hy my gegee het, daai hemp van die Cheetahs, hy vat hom terug, hy gee my die hemp”.

“Laaik jy hierdie blou hemp?”

“Nee Baas, ek laaik hom fokkol”

“Mooi Abel! More koop ek vir jou ‘n nuwe Cheetah hemp!”

“Want ek sê dankie, Baas”

31 antwoorde op Anner baas draai mantel (Lees saam met Abel die Cheetah)

  1. Gharki het gesê op Oktober 19, 2009

    Hier by ons word die cheetah hemp ook gedra!

  2. Gharki het gesê op Oktober 19, 2009

    ja nee, ek ook nie. Ek het ook eers onlangs plat skoene begin dra. Sou nie dood gesien wou word in plat skoene nie so nou kan jy jou indink! Ek sal tien dode sterf as ek ‘n rugbytrui moet dra. Manlief was op Grey.

  3. Ek laaik al meer van Abel en sy smaak!

  4. Berwick het gesê op Oktober 19, 2009

    😉

  5. icysparx het gesê op Oktober 20, 2009

    Donner, Abel. Weet hy hoeveel KOS daai hemp?

  6. He,he Liewies ek is gek oor jou vertelling! Hoera vir Abel!!!

  7. bothajs het gesê op Oktober 20, 2009

    LOL @ Fokkit Abel!
    Ek dink dis nou hoog tyd dat ons sien hoe lyk Abel (fototjie?)

  8. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Hallo Gharki!

  9. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Geen begeerte vir ou Luke Watson se jersie nie?

  10. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Dag sê Lou! Abel se smaak het klas!

  11. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Soms is sout bietjie laf, Flenters!

  12. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Hallo Liani!

  13. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Hi Berwick!

  14. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Hi Liekie! Na’n dag in die tuin lyk die hemp of hy ‘n Curriebekerwedstryd oorleef het!

  15. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Naand Tweeling!

  16. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Ek sal so maak Minki!

  17. pasella het gesê op Oktober 20, 2009

    Bom dias! Jy sal verseker ‘n Abel of twee raakloop!

  18. Gharki het gesê op Oktober 20, 2009

    Hallo Lewies. Ek geniet jou blog.

  19. Lyk my niemand wil ‘n Bafana Bafana hemp hê nie. Neem hulle ook nie kwalik nie.
    Ek is bietjie bewerig oor die eindstryd. Daardie span van jou is kookwater!

  20. zephur het gesê op Oktober 22, 2009

    Hahaha, ja loop koop hom daai Cheetah hemp..nou nie ‘n Bafunny Bafunny hemp nie.

  21. Lekker gelees!Gaan jou weer kom besoek!

  22. pasella het gesê op Oktober 23, 2009

    Daai span van my het ‘n lelike manier om op kritieke tye te vou!

  23. pasella het gesê op Oktober 23, 2009

    Hi Zeppie! Ja nee hulle shares is laag!

  24. pasella het gesê op Oktober 23, 2009

    Welkom Li!

  25. Haai dankie Iewies!!

    Hoofstuk 4 volg op hoofstukke 1,2,3.Lees gou om die draad van die storie te kry.Ek werk al aan hoofstuk 5 !

  26. Ou-Top het gesê op Oktober 24, 2009

    Lekker gelees, man!

  27. pasella het gesê op Oktober 24, 2009

    Ek het! Ek gaan by bly!

  28. pasella het gesê op Oktober 24, 2009

    Thanks Ou Top!

  29. jannel1 het gesê op Oktober 27, 2009

    As ek ‘n tip kan gee vir die Rooi Kruis, OVV en die manne met die ronde tafels.

    Gaan staan Saterdag 31/10/2009 so 6 uur daar by Loftus. Julle sal genoeg blou truie kry om 80 plakkerskampe mee te klee.

  30. pasella het gesê op Oktober 28, 2009

    Net so!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.