Silwer hare tussen goud.

Maart 28, 2009 in Sonder kategorie

Vrydagoggend toe ek staan en skeer kom Vroukie die badkamer binne. “Onthou nou, Skapie(!), ek gaan vanmiddag na werk my hare laat kleur. Ek sal eers later by die huis wees”

“Ok, ek sal intussen vir ons iets aanslaan om te eet, en ‘n lekker bottel shiraz by Checkers optel”

“ Dis dierbaar van jou. Jy is so ‘n sweetie pie!”

Positiewe geluide daai! Ek moet die yster smee terwyl hy warm is. Dalk iets kwytraak van hoeveel ek van vroumensdinge weet? Net om te wys dat ek omgee?

“Weet jy Liefie, ek sien ‘n advertensie in een van die tydskrifte in die toilet dat Jane se Moer ‘n nuwe produk op die mark het, ‘n haarkleursel wat spesifiek ontwerp is vir die ouer vrou om grys hare weg te steek. Dit hou glo langer as die gewone, tot tien weke. Dalk moet jy dit probeer, dan hoef jy nie jou hare so dikwels laat kleur nie.”

Die kyk in haar oë is kil soos die winterwind oor die knersvlakte, daai wind wat ‘n boklammer hier onder sy ma se blad laat verkluim. Die ysigheid sak soos ‘n onheilsgevoel uit ‘n Stephen King horror novel oor my toe.

“Jy is darem slim so vroeg in die oggend” Haar woorde sak soos swart ryp op my toe.

“Jy het nou raat vir my grys hare, is daar nie dalk iets vir jou bles nie?”

Vandag is ek weer betyds by die werk. En nog ‘n lang naweek lê voor.

12 antwoorde op Silwer hare tussen goud.

  1. Oepsie!

  2. hutton het gesê op Maart 28, 2009

    LOL!!

  3. katrina het gesê op Maart 29, 2009

    Lmga! Mens sou dink dat jy teen hierdie tyd al van beter weet!

  4. pasella het gesê op Maart 29, 2009

    Hi Thomas, klein glipsie ja!

  5. pasella het gesê op Maart 29, 2009

    Hi Hutton, thanks for the visit!

  6. pasella het gesê op Maart 29, 2009

    Hallo Ghaap, jy van alle mense sal weet!

  7. pasella het gesê op Maart 29, 2009

    Annemari, dinge lyk beter,heelwat beter!

  8. pasella het gesê op Maart 29, 2009

    Hallo Lettie, ja nee, wees maar versigtig wat jy sê

  9. pasella het gesê op Maart 29, 2009

    Ek leer nooit nie, Katrina!

  10. pasella het gesê op April 1, 2009

    Hi Therina, ja nee dom sebore!

  11. pasella het gesê op April 1, 2009

    En die winter is juis aan die bekruip, Mev Lee!

  12. klarisabet het gesê op April 7, 2009

    Eish, Lewies leer maar stadig…

Los ’n antwoord vir klarisabet. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.