Ek het julle mos gesê

Maart 22, 2009 in Sonder kategorie

Ek het Vrydag so geteef en geteem oor oa die feit dat Vroukie se werk van haar verwag om vandag 17:00 ‘n vergadering by te woon. Nou ja, getrou aan haar aard is sy so skuins na 16:00 hier weg, haar werksplek is net om die draai, om haar rekenaar op te stel ens. Sy bel netnou om te sê hulle sal nog lank besig wees. Ek het my voorgeneem om my poppe in die pram te hou, maar fokkit mense, die een is darem bietjie dik vir ‘n daalder.

8 antwoorde op Ek het julle mos gesê

  1. pasella het gesê op Maart 22, 2009

    Thanks Elmarie

  2. pasella het gesê op Maart 22, 2009

    Goeie plan, Annemari

  3. DallaSePa het gesê op Maart 22, 2009

    fokkit … klink so mooi oppi oor … Hallo Lewies!

  4. loudavisi het gesê op Maart 22, 2009

    Jy is voorwaar geduldig.
    Min het respek vir Sondag en familietyd nie..
    Miskien kry sy oortyd en neem jou weg vir ‘n romantiese naweek?

  5. kookpunt het gesê op Maart 23, 2009

    Ek voel saam met jou. Fok hulle

  6. MammaSkaap het gesê op Maart 23, 2009

    Op ‘n sondag??????????? Hel nee

  7. maninblack het gesê op Maart 23, 2009

    Ek stem. My destydse baas was hoogs bedons toe ek vir hom se ek sit my selfoon naweke af en is nie beskikbaar vir werk nie. Maar ek het uiteindelik gewen.

  8. tronkie het gesê op Maart 28, 2009

    More Lewies – ek hoop van harte hierdie Sondag is jy en Vroukie rustig bymekaar – die heeldag.

Los ’n antwoord vir maninblack. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.