Gatvol verby

Maart 20, 2009 in Sonder kategorie

Ad nauseam, Latyn, vertaal in Engels as to the point of producing disgust, en in moedertaal, o soetste taal as tot kotsenstoe gatvol. Dis hoe ek voel oor die ouens met wie ek saam werk, daai ouens wat sê
“Fok us” maar ongelukkig bedoel “focus” of “virus” as hulle bedoel “various”.
Daai fokken mense wat maak dat ek die job wat ek eens geniet het verpes, wat die speelveld en die reëls en prosedures en vormpies op die ingewing van die oomblik verander sonder om dit te kommunikeer, met die gevolg dat ek nie ‘n fokken clue het van hoe om my job te doen nie en die poephol in die storie is, daai ouens wat net mooi fokol van my job weet maar vir my wil vertel hoe om dit te doen, wat die wiel oor en oor ontwerp, elke keer meer opgefok as die vorige, wat die cliches soos geel gastro braaksel uitkots.

Maar Vroukie het die clincher, die organisasie waar sy haar brood verdien belê ‘n fokken vergadering vir 17:00 op Sondagmiddag!! Kan jy dit glo? Het die mense g’n fokken family life nie!?

En dan voel mens skuldig omdat jy kla, want in hierdie kak ekonomiese tye het ek as witman oor vyftig ‘n goeie werk.

(Skies vir al die fokke as dit iemand aanstoot gee. Ek gaan nou ‘n glas rooiwyn drink)

23 antwoorde op Gatvol verby

  1. DeViL010 het gesê op Maart 20, 2009

    Ag Lewies, oral gaan dit so ek weet presies wat jy van praat want Gogga het basies dieselfde dinge by die werk, gelukkig vir hom is ons alleen in Swaziland en hy het nie baie met die ander idiote te doen nie… is vreeslik frustrerend, ek is seker almal hier verstaan hoe jy voel en jy mag mos maar “vent” anders is dit nie goed vir mens se gesondheid nie…..so go 4 it!!!

    Geniet die naweek en probeer jy en vroukie relax!!!!!

    :>)))

  2. loudavisi het gesê op Maart 20, 2009

    Geniet die rooie.
    Ons het nie ‘n keuse nie, leef maar daarmee saam!!

  3. Berwick het gesê op Maart 20, 2009

    Geniet jou naweek, Lewies.

  4. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Dankie vir die begrip, Duiweltjie!

  5. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Is so Lou, maar mens moet so baie kompromiteer.

  6. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Piet Verdriet, welkom hier op my blog!

  7. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Soms is die ou lewe hard, Elmarie

  8. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Haha Boerseun, ek het gechill, ek is nou in panic mode!

  9. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Gaan traai, Berwick!

  10. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Thanks vir die kuiertjie, Tishke.

  11. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Therina, geweet jy sal fokken verstaan! Thanks!

  12. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Vas sal ek byt, Leon!

  13. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Met die besef dat ek Maandag weer alles moet face, daal die kalmte, Kelly!

  14. klarisabet het gesê op Maart 20, 2009

    …ek weet nie WAT om vir jou te sê nie…

    Lekker naweek?

  15. pasella het gesê op Maart 21, 2009

    Hi Klarisabet!

  16. pasella het gesê op Maart 21, 2009

    Net so Murphy!

  17. pasella het gesê op Maart 21, 2009

    So reg soos reën, Annemari!

  18. Sterkte ou maat! Ek weet nie hoe mens die frustrasies kan opvrolik nie, ek glo nie mens kan nie. Hulle ‘rig’ dit so, want hulle verstaan niks, nou verstaan NIEMAND iets nie. Maar soos jy se, jy’t ‘n werk. Net, party dae is dit nie genoeg troos nie, ne!

  19. DallaSePa het gesê op Maart 22, 2009

    11/10

  20. pasella het gesê op Maart 22, 2009

    Hi Joanna, dinge behoort nie so gekompliseerd te wees nie.

  21. pasella het gesê op Maart 22, 2009

    Hallo DsP!

  22. kookpunt het gesê op Maart 23, 2009

    Nou wat gaan in die mense se koppe aan

  23. pasella het gesê op Maart 23, 2009

    Waarskynlik fokol,Oom F. Terloops, ek laaik jou blog, sou gaaf wees as jou koskenades in boek formaat kon wees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.