Koud is die windjie en skraal

Maart 19, 2009 in Sonder kategorie

 

Vrydagoggend

Ek kom by die badkamer uit en tref Vroukie voor die spieël in die slaapkamer aan. Sy staan met haar rug na die spieël en loer oor haar regterskouer. “Skapie (!), dink jy my boude lyk groot in die skirt?” en sy fler die skirt met die mooi groot blompatroon oop.

Alarmsirenes weergalm en rooiligte flikker in my brein soos JZ se kavalkade op spoed op die N3 in KwaZulu-Natal. Ek het êrens gelees, (Huisgenoot, Readers’ Digest?) dat hierdie strikvraag nommer een is. Hierdie vraag het nie ‘n ja of nee antwoord nie—benader hom onverskillig en jou naweek , en volgens Anna Malan in Rooi Rose, dalk ook jou huwelik, is poer in sy moer. Ek dink naarstiglik aan ‘n antwoord, en dan, soos dageraad in dorre woestyn, skiet ‘n onfeilbare antwoord my binne. Heuglike ingewing!

“Weet jy, Lieflammertjie (!), ek lees in een van die tydskrifte wat in toilet lê dat ‘n mens liewer ‘n fyn motief moet kies om die effek van groot boude te neutraliseer en nie ‘n groot motief soos van jou skirt nie. Dit beklemtoon groot boude”

Ek kyk afwagtend na haar om haar kommentaar op hierdie stukkie wysheid te hoor. Ek is seker min mans weet dit, hierdie kennis sit my in die klas van ouens wat sent ken, soos Channel Nr 5 en Poison. Gesofistikeerd.

Haar gelaat is egter stroef. Haar lippe beweeg asof sy na woorde soek. As sy praat, weet ek dat sy die woorde wat sy wou sê, wel gehad het, maar dat sy na meer onskuldige eufemismes buite die F register gesoek het as die woordkeuses wat spontaan aangebied is.

Haar stem is kil soos die winterwind, ysig soos die poolwind wat oor die ysvlaktes gier en die ysbere laat tjank. Ek voel hoe die bloed in my alveoli, bronchioli en canneloni vries. My byniere kickstart rukkerig soos ‘n ou plaastrekker onder ‘n bloekomboom en die adrenalien pirts in my bloedsroom in soos die middelstroom van ‘n ou man met ‘n vergrote prostaat. Veg of vlug, maar veg is nie ‘n opsie nie.

“Jy kan jou blerrie (ja blerrie, nie fokken nie) slimmigheid vir jouself hou. As jy dink my boude is groot sê verdomp so. Moenie kom met jou blerrie stront wat jy in die blerrie Huisgenoot lees nie!!”

En toe is ek heel betyds by die werk. Gaan ‘n lang naweek wees. Ek dink ek moet gaan visvang.

21 antwoorde op Koud is die windjie en skraal

  1. DallaSePa het gesê op Maart 19, 2009

    Gigigigigigi

  2. loudavisi het gesê op Maart 19, 2009

    Jy is absoluut kosbaar!
    Maar dom..mens is NOOIT so eerlik met ‘n vrou nie…sien jy?

  3. tronkie het gesê op Maart 19, 2009

    Haaaa – jy is so snaaks, jou slimme man.
    Sent!!! – jirder, wanner laas het ek daai woord, so gese, gehoor?
    Jy maak my blog-lees van vandag die moeite werd.

  4. maninblack het gesê op Maart 19, 2009

    Aai aai Lewies, hoe kan jy eers daardie woorde DIK uit jou mond laat kom?

  5. DeViL010 het gesê op Maart 19, 2009

    LMGA!!!!!

    Dis nou sowaar:” sit jou voet in jou mond ndraai dit nog dwars ook”

    Ag shame Lewies… hoop die naweek se visvang gaan beter wees as jou kommentaar oor vroukie se romp…..

    Sterkte!!!

    :>)))

  6. kookpunt het gesê op Maart 20, 2009

    Het so lekker vir jou gelag. Dit gaan beslis vir jou ‘n laaaaaaaaaaaaaang naweek wees.

  7. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Hi DsP!

  8. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Hallo Elmarie!

  9. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Thanks Lou!

  10. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    dankie vir die raad Therina, maar te laat, te laat!

  11. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Welkom tuis Tronkie!

  12. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Hallo Andre!

  13. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Hallo Ghaap!

  14. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Bek en klouseer, Duiweltjie!

  15. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Hi Crazee, nice om jou hier te sien!

  16. pasella het gesê op Maart 20, 2009

    Ai Oom F, dat mens ‘n goeie vooruitsig nou so kan opfok!

  17. klarisabet het gesê op Maart 20, 2009

    Jis, ja…g’n wonder jou dag het toe so half sleggerig uitgedraai nie…(jou Vrydag die 13e is toe ‘n week of wat laat.)

  18. “Laat hierdie rok my boude groot lyk?”

    “Nee, dis al daai chocolates wat jy so vreet.”

  19. pasella het gesê op Maart 21, 2009

    ja nee, Klarisabet, nou verstaan ek dit ook!

  20. pasella het gesê op Maart 21, 2009

    Hi Annemari!

  21. pasella het gesê op Maart 21, 2009

    Papeslaai, die waarheid maak seer!

Los ’n antwoord vir kookpunt. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.