Brom-brom uit die vere

Februarie 23, 2009 in Sonder kategorie

 
4h46. Dis toe die hadidas in die buurman se denneboom hul heksegroet begin gil.

Vroukie kom die badkamer in toe ek later staan en skeer en verneem na die kwaliteit van my nagrus.”Nee, ek het lekker geslaap totdat die bleddie hadidas begin raas het. Dis asof hulle al wat leef en beef wakker gemaak het, skielik blaf al wat ‘n brak is en die spul voëls wat die ou hier agter in daai sink kaia aanhou begin met hul gekras en gekrys . Dit so vroeg in die oggend, net toe ek ‘n laaste slapie insit”

“Ag my skapie (!), dis darem nie so erg nie, dit was in elk geval al opstaantyd.”

“Ja maar toe begin al wat ‘n voël is saam raas. Die duiwe koer en die mossies kwetter en daai bleddie koelievinke skreeu saam. G’n siel kan dit hou nie”

“Lyk my jy het met die verkeerde voet uit die bed geklim, hmm Skapie? Dis Vrydag, die naweek lê voor. Jy moenie so knorrig wees nie. Buitendien, dis ook nie alle voëls wat vroegoggend lastig is nie” sê sy. Haar stem is diep en donker, smeulend soos die hardehoutkole van ‘n nanag kampvuur, gelaai met die misterie en mistiek van vrouwees (ok, hier het ek ‘n bietjie meegevoer geraak). Daar is ‘n twienkel in haar oog, en toe kom ek weer laat by die werk.

15 antwoorde op Brom-brom uit die vere

  1. HA!!!
    Ek laai daai WEER in jou laaste sin.
    lol

  2. 🙂 Beslis ‘n onverwagse wending in hierdie verhaal….

  3. aixo het gesê op Februarie 23, 2009

    jip, ek stem saam , die WEER is altyd goeie nuus ….. hehehehehe

  4. Hi Lou!

  5. Ja Kortgat, en ek is bang ek verloor my werk, ek het sewe kinders om na om te sien!

  6. Hi Katrina!

  7. Hallo Pruim!

  8. Hi Sieltjie!

  9. zephur het gesê op Februarie 25, 2009

    Ah toe chirp chirp jy ‘n ander deuntjie….

  10. Net so Zeppie!

  11. Ja-nee Lewies, duidelik ken jy jou worshonde.
    Dankie vir die meegevoel.

  12. Mooi, man! En toe sing die voëltjies weer.

  13. aixo het gesê op Februarie 27, 2009

    is jy bleddie lui dat jy nie skryf nie ?

  14. zephur het gesê op Februarie 27, 2009

    Ja stem saam met Pruim, kom haal uit daai potlood en skrywe ‘n stuk.

  15. tigresscap het gesê op Maart 5, 2009

    All Bran is darem lekker so voor werk… My tannie reken die hadidas skree so as hulle mekaar uit die nes skop in die oggend. Vir my is hulle net so verpesting!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.