Japie my skapie ek is lief vir jou…
Februarie 16, 2009 in Sonder kategorie
So betrag ek myselwers in die spieël toe ek staan en skeer. Die beeld wat ek daar sien herinner vaagweg aan die vooraansig van ‘n 1948 Ford, hoë modderskerms en ‘n blink bonnet. Ek sit my bril op en nog erger: daai Ford lyk of hy onsuksesvol deur Poena se Panelbeaters in Orkney onder hande geneem is. Ek leun vorentoe om die ontstellende verskynsel beter te betrag. Onteenseglik, my looks is in sy moer, nie dat daar veel was nie, maar darem. Hier onder my kennebak is ‘n slap lel aan’t groei. Hoekom? My profiel begin die van ‘n pelikaan aanneem. Ek het êrens gelees mens se ore hou aan met groei, teen 0,2mm per jaar. Dis die waarheid. Seker bemes deur al die kak wat ek deur die jare moes aanhoor.
Aah, hier is tog goeie nuus, my hare is weer besig om te groei! Net jammer dis in en op my ore. Dit lyk soos pampasgras op Randfontein se mynhope. Ook op my rug is daar ewe skielik welige groeisels. Ek lyk soos ‘n vet Griek wat verhaar na die winter.
G’n wonder Vroukie noem my deesdae “My Skapie” nie.
“ Wat lyk jy so bedruk en bedroë?” vra Vroukie toe sy die badkamer inkom. “Dis Vrydag, die naweek lê voor”
“Ek neem net bestek van die skade en letsels wat die ruwe lewenstorme deur die jare op my gelaat het,” antwoord ek ietwat melodramaties, “ek lyk kak, ek lyk soos die Taliban”
“Ag my skapie “ (sien julle?) “ jy lyk vir my nog net so oulik en so mooi soos jare gelede”. Daai Suster Teresa stem en die twienkel. “ As jy my nie glo nie kan ek jou altyd wys” Sy sing die “wys” in twee lettergrepe op noot.
En toe is ek weer laat by die werk.
Trakie het gesê op Februarie 16, 2009
Bekla gereeld jou lot by Vroukie, want lyk my dit WERK 😉
aixo het gesê op Februarie 16, 2009
met rede lewies , met rede laat.
…… en weetie hoekom nie , jou heel eerste inskrying (met die foto oppie kakhuis) dart nou hier in my kop in….ek het geweet ……… hehehe
tronkie het gesê op Februarie 17, 2009
Mooi Lewies – solank Vroutjie jou like is die kaap Hollands.
Ek het ook so lel, maar dis van vetgeit.
Papegaaislaai het gesê op Februarie 18, 2009
Hoe ouer die bok, hoe harder die horing.
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Hi Maankind, wie sal weet?
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Hi Kortgat!
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Hi Therina, is so, of nog iets erger!
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Hi Flenters, hulle sê ouderdom is all in the mind!
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Kelkiewyn, dis my strategie daai!
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
‘n Baie goeie rede Pruim! Ja, ek het toe maar geabdikeer van daai troon!
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Hi Sieltjie, ja dis vreemd van die ore né, en dan word die gehoor al hoe slegter
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Haai Tronkie, my vetlelle hang elders!
pasella het gesê op Februarie 18, 2009
Ja Papeslaai, dis darem ‘n troos in die senior lewe!
klarisabet het gesê op Februarie 25, 2009
ha, die voëltjies sing nie net nie, die lammertjies blêr ook al te pragtig {-;
pasella het gesê op Februarie 25, 2009
Old MacDonald se plaas Klarisabet!