Liefdeswee, o wee
Februarie 12, 2009 in Sonder kategorie
In my studente jare hou ek my lyf digter
En skryf rympies geswaai of nugter,
Skoon beswymel deur die vrolike fees
Van netjies verpakte vroulike vlees
In ‘n skrapse seksie polka dot bikini
Wel, party had ook nie net ‘n biekie nie
Ek had soms my hande plesierig vol
Met ‘n mollige eerstejaar potjierol
Haar bates bultend soos deeg in ‘n pan
Haar oë lag “Kom probeer my vang!”
Ai., dit was die dae van my jonkheid
Deurgebring in ‘n beswyming van dronkheid,
Nee, nie die een van drank en brassery
Maar van handjies hou en vryery
Ek verbeel my daar was nog ‘n liefdesplesier
Daar was mos drie, of was dit vier?
anskrige het gesê op Februarie 12, 2009
Maklik: ek het gedog dit sal lekkerder as swot wees, daar by daai einste Potch, en ek dog ek moes as ek seks wou he…
(Doppers, jy weet…)
Toe is dit nie lekkerder nie….
anskrige het gesê op Februarie 12, 2009
Dalk was ek nog daai eerstejaartjie?
(My bynaam was Tolle van Nigel en ek het drama geswot?)
maninblack het gesê op Februarie 12, 2009
Jou kommentaar by my: Ook bekend as die plat wa met die wol wiele, of ‘n broek vol knoppiepoeding.
Trakie het gesê op Februarie 12, 2009
Ag hoe lêêêker!!!
Aproqueen het gesê op Februarie 12, 2009
dis nou vars en vrolik… klink sommer so jolig
feesflerrie het gesê op Februarie 12, 2009
Oeee, verlang ek nou na my studente dae….. Mooi geskryf, nes dit is!
pasella het gesê op Februarie 13, 2009
Hi Tollie van Nigel!
pasella het gesê op Februarie 13, 2009
Hi Andre!
pasella het gesê op Februarie 13, 2009
Lekker dae gewees Kelkiewyn!
pasella het gesê op Februarie 13, 2009
Hi Elza!
pasella het gesê op Februarie 13, 2009
Hi Leon–nee die bleddie slang het toe die padda gevang met al die bloed in sy alkoholstroom en is dood aan alkoholvergifting!
pasella het gesê op Februarie 13, 2009
Hallo Feesflerrie–those were the days!
sprokie het gesê op Februarie 13, 2009
ag, dit klink so lekker. ek wil ook so paar jaar terug gaan in tyd as ek hier lees….
pasella het gesê op Februarie 15, 2009
Ai Prinses, ek wens ek het jou toe geken !
pasella het gesê op Februarie 16, 2009
Hi Therina!