Seil slang, seil!
Februarie 3, 2009 in Sonder kategorie
Ek sit so en dink oor die werk wat ek doen in ‘n omgewing waar werksprosedures byna daagliks verander en kommunikasie so te sê nie bestaan nie, en die beeld van ‘n slang wat oor ‘n pad seil kom by my op. Ek is die slang, en dis my werk om oor die pad te seil. maar nes ek op spoed is, kom ‘n klonkie met ‘n stok en moer my plat. Dan begin ek maar weer, net om weer gemoer te word. Hoeveel keer kan ‘n ou gemoer word voordat jy besluit: Tot hiertoe en nie verder nie!
Berwick het gesê op Februarie 3, 2009
Sal dit help om te pik?
Joanna Graham het gesê op Februarie 3, 2009
Seil vinniger Lewies! Seil so vinnig soos ‘n mamba. En as een jou weer slat, …..sssssss
tronkie het gesê op Februarie 3, 2009
Ja lewies – ‘n hond of ‘n slang ook laat hom net ‘n paar keer slaan en dan raak hulle moerig – pik hulle soos jy vir Chris Barnard gepik het – hulle sal 2x dink dan.
pasella het gesê op Februarie 3, 2009
Hi Berwick, lyk my ek is op pad om dit tre doen!
pasella het gesê op Februarie 3, 2009
Goeie raad, Joanna!
pasella het gesê op Februarie 3, 2009
Net so, Tronkie!
pasella het gesê op Februarie 3, 2009
Ek dodge en dive hulle Maankind, maar hulle peul agter elke bossie uit!
Ou-Top het gesê op Februarie 3, 2009
Moet nooit pik nie, jy word betaal om te seil; nou moet jy nog leer om te duck en dive. Wanneer jy die dag kan seil en duck en dive sonder om te pik, kom jy by die moeilikste deel; om te leer gatkruip en laastens om korrup te wees. As jy vir die staat werk, sal jy dan pas die hoogste trap bereik het; die volmaakte staatsamptenaar. As jy nie vir die Staat werk nie, sal jy dan al naby die tronk se deure rond seil. Voorspoed ou vriend.
pasella het gesê op Februarie 4, 2009
Hi Ou Top, lyk my jy ken die speelveld!
aixo het gesê op Februarie 9, 2009
ek seg pik elke donner met ‘n stok
pasella het gesê op Februarie 10, 2009
Hi Pruim, hierdie slang is nou erg de moer in–hy kook gif!
Kitterkat het gesê op Februarie 11, 2009
Jou deskripsie is presies hoe ek op die oomblik by my werk voel…
Dankie vir jou inloer daar by my 🙂
*Kat
pasella het gesê op Februarie 11, 2009
Hi Kitterkat, dankie vir die inloer!