Lewensles
Januarie 30, 2009 in Sonder kategorie
Toe ons seun, na wie ek in my blog as Boikie verwys, 21 word, is hy nog student in Kaapstad aan die Kaapse Technikon, baie ver van sy ouerhuis. Ek en sy ma besluit ons moet hom darem ‘n behoorlike mondigwordinggeskenk gee en ons dink aan iets gepas, en ons dink en dink. Een dag loop ek met die hond in die veld hier naby ons huis en daar tel ek toe ‘n reuse miskruier op, afgestorwe maar goe behoue. Die verpak ek toe in ‘n ringboksie en stuur die vir Boikie op sy 21st met die boodskap: Leer ‘n les by die miskruier, hy het sy hele lewe lank net kak aangejaag en nou het hy niks om daarvoor te wys nie! Ons het toe wel ook ‘n ander geskenk gestuur, kan nie meer onthou wat nie, maar die miskruier, die onthou almal goed.
tronkie het gesê op Januarie 30, 2009
Die volgende miskruier moet jy asseblief vir my gee.
Papegaaislaai het gesê op Januarie 30, 2009
Dis nou snaaks. Jou brein is skerper as my skoonma se tong.
aixo het gesê op Januarie 30, 2009
dag lewies
Trakie het gesê op Januarie 30, 2009
Baie oorspronklik
sprokie het gesê op Januarie 31, 2009
Haha lewies, kan mens minder van jou verwag? Baie baie kreatief, ek dink nie Boikie sal ooit sy 21st vergeet nie!
pasella het gesê op Januarie 31, 2009
Die les is maar dieselfde , Tronkie!
pasella het gesê op Januarie 31, 2009
En so ‘n tong kan ‘n man opkerf, Papeslaai!
pasella het gesê op Januarie 31, 2009
Gegroet, Pruim!
pasella het gesê op Januarie 31, 2009
Dagsê Kelkiewyn
pasella het gesê op Januarie 31, 2009
Hi Therina!
pasella het gesê op Januarie 31, 2009
Hi Prinses!
pasella het gesê op Januarie 31, 2009
Hi Sieltjie, ons traai maar!