Hi Insomnia!!

Januarie 24, 2009 in Sonder kategorie

Morpheus, o Morpheus, wat het ek gesondig
Dat jy my van soete slaap ontneem
My nagrus so kortstondig
Van alle droom vervreem
Nie eens ‘n nagmerrie my beskore
In die laat ure van die nag
Terwyl ek smag na die more
Die aanbreek van die nuwe dag

11 antwoorde op Hi Insomnia!!

  1. abrham het gesê op Januarie 24, 2009

    ou lewies, gelukkig is jy nog nie kens nie.skryf maar, jy doen dit goed

  2. pasella het gesê op Januarie 24, 2009

    Hi Lulu, lyk my daar is genoeg van ons om ondergronds te gaan, Die Klan van Slaaploses.

  3. pasella het gesê op Januarie 24, 2009

    Hi Abrham, ek groet daar op jou blog, maar soos ek sê, ek skrik kens.

  4. pasella het gesê op Januarie 24, 2009

    Jy is reg Maankind, dit gebeur wanneer die alien ruimteskepe naby aan die aarde wentel, dis hul uitlaatgasse wat ons so affekteer!

  5. Trakie het gesê op Januarie 24, 2009

    Dié verstaan ek maar te goed.

  6. julle eks jammer… maar dis als my skuld… ek en ou klaasvakie het so struwelingtjie en nou kom hy ni by di ander mense uit nie..

  7. aixo het gesê op Januarie 25, 2009

    die donker wat blaf

  8. pasella het gesê op Januarie 25, 2009

    Hi Kelkie, welkom by die klub!

  9. pasella het gesê op Januarie 25, 2009

    Elza, en jy verklaar dit nou eers!

  10. pasella het gesê op Januarie 25, 2009

    Goed gesê Pruim!

  11. pasella het gesê op Januarie 25, 2009

    Prinses, dankie vir die shiners!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.