Barnard befok

Januarie 24, 2009 in Sonder kategorie

Ek weet voor my siel ek hou nie van Chris Barnard se skryfwerk nie, dis nou die een in lewe, nie die wyle een nie. Maar so waar as fok, ek staan daar in CNA tussen al die goeterjies en kakkerjies op hul rak en ek koop Oulap se Blou, seker maar gefnuik deur die mooi aanbieding. Skiet my maar, maar die boekie is soos basaarbeskuit, semelrig en stowwerig, bo in en onder uit sonder sonder voedingswaarde. Soos die Woef hondekos wat die Engen garage op die hoek verkoop. Dalk is ek literêr diabeties vir sy skryfsels. So, almal wat my van literêre heilgskennis beskuldig, ek beken skuld: vonnis en fusilleer! Skiet hom burghers, laat sy veradderlike bloed drup op die heil’ge grond van ons geliefde moedertaal!

22 antwoorde op Barnard befok

  1. Een klein foutjie wat jy gemaak het Lewies

  2. tronkie het gesê op Januarie 24, 2009

    Haai foei tog Lewies!!! Hoekom koop jy die boekie?? Haha! Verraderlik is ‘n erge woord. En bloed wat drup…..sjoe!!

  3. tronkie het gesê op Januarie 24, 2009

    Hehe – nou sien ek eers fusilleer! Jy’s baie snaaks – hoop jy voel ook al bietjie beter.

  4. Nog min van sy goed gelees, kan nie regtig se ek was mal daaroor nie.

  5. sprokie het gesê op Januarie 25, 2009

    Jy is skreeusnaaks. Het nog nooit Chris Barnard se goed gelees nie. En ek gaan nou twee maal dink voor ek dit koop, miskien eers in die biblioteek gaan kyk 😉 lekker dag vir jou Lewies!

  6. pasella het gesê op Januarie 26, 2009

    ‘n Ligte mistykie, Frika!

  7. pasella het gesê op Januarie 26, 2009

    Die ou het ‘n goeie reputasie Maankind, seker maar dit.

  8. pasella het gesê op Januarie 26, 2009

    Thanks Therina

  9. pasella het gesê op Januarie 26, 2009

    Dis een van die baie goeie redes hoekom daar biblioteke is, Prinses!

  10. Jou kommentaar daar by Leentjie: Sy het nooit heeltemal herstel nie. Sit vandag nog met probleme.

  11. Berwick het gesê op Januarie 27, 2009

    Lewies, ek hou baie van Barnard se romans. Maar ek is met jou oor Oulap se Blou – het dit onlangs bietjie deurgescan.

  12. Ek kom in vrede. Wil net sê jou kommentaar daar by Kortgat dat geld die wortel van alle kwaad is, is verkeerd. Die LIEFDE vir geld is die wortel van alle kwaad. Vrede.

  13. Jou kommentaar oor VVV: Lewies, die interessantheid is dat hier op AARDE soveel onverklaarde goed is dat dit mens vir bai lank kan besig hou. As ons heelal moet dink, huiwer ek oor alles wat daar kan uitkom.

  14. Ook nognie sy goete gelees nie. Praat ons nou van daai orige ou man wat die harte oorgeplant het? (of is ek weer té vertraag?)

  15. sprokie het gesê op Januarie 30, 2009

    Dankie vir die inloer by my, bly ek kon jou inlig oor die voor/nadele van selfbevlekking, hoop nie die info is ontydig nie! lekke aand!

  16. pasella het gesê op Januarie 30, 2009

    Papeslaai, jy is reg, dis hebsug na geld wat die probleem is. Vrede vir jou ook, peace my bra!

  17. pasella het gesê op Januarie 30, 2009

    Andre, dit is so, ons is maar net ‘n nietige spikkeltjie in die heelal.

  18. pasella het gesê op Januarie 30, 2009

    Nee, nie daai ou nie, Mamparra, die ander een.

  19. pasella het gesê op Januarie 30, 2009

    Dankie vir die inloer en kommentaar Berwick

  20. pasella het gesê op Januarie 30, 2009

    Dis te laat Prinses, dis heeltemal te laat!

  21. sprokie het gesê op Januarie 31, 2009

    Ai, jammer, het ek dit maar vroeer geweet….

  22. pasella het gesê op Januarie 31, 2009

    Newwermaaind, is als ok!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.