Mymeringspoort

Januarie 15, 2009 in Sonder kategorie

 

So pif ek en Vroukie huis toe deur die Karoo, tjoepstil, ons tjanke afgetrap na die afskeid van ons kiddies. Op die dradeloos speel musiek wat Boikie gelaai het, Vroukie sê dis Panado musiek, dit maak haar kop seer. Dit fok die alpha ritmes heeltemal op. Dit klink soos Multiple Fuck up on the New York Interstate. Met dié dink ek dat die fok woord en sy deriwatiewe deesdae so pront en staccato by my bek uitmarsjeer. Ek het nie juis morele besware daarteen nie, maar die oorgebruik daarvan verskraal ons mooi Afrikaanse taal en woordeskat. Toe mymer ek oor die moontlikheid om die krutaal in die F register te vervang met meer inheemse sinonieme uitdrukkings. en sodoende die moedertaal te verryk. Hier is ‘n paar:

Ons sê

Gevoel wat weergegee word, betekenis

Sê liewer

Ag fok, fokkit

Frustrasie, bv Ag fok wat het ek nou aangevang

Verbrands, demmit

Wat de fok

Irritasie, bv Wat de fok dink jy doen jy

Wat de drommel, Wat de swernoot,

Ben je bedonnerd of jeukt je foefjas

Waar de fok

Vaderlike besorgdheid teenoor sy telge, bv Waar de fok kom jy die tyd van die nag vandaan?

Vanwaar Gehasi?

Opfok

Dreigement, bv Ek sal jou opfok!

Opdons, wys waar Dawid die wortels gegrawe het

Fokken A!

Bewondering

Skote Petoors! Koek in die hoek! Senter Miesies Venter! Allamaskas!

Fokker

Ek laaik nie die ou nie, bv Vat so jou fokker!

Lieplapper, Mokkel, Slungel, Skarminkel

Fokkertjie

‘n Klein fokker

Knopkop, snotneus, bogsnuiter

Fokof

Bevelsvorm, gaan weg

Gaan na die duiwel, vlieg in jou kanon. maak spore

Fokken

As bywoord, bv ‘n fokken groot vis

Allemintige, tamaaie

O fok!

Angsbevange antisipasie, bv O fok, hier kom groot kak!

O gits, hier kom groot bollie.

Toe ek Vroukie van my voorneme vertel, sê sy: “Jy kan traai, Lewies, maar die wind waai wes, hy waai fokken sterk wes !”

20 antwoorde op Mymeringspoort

  1. Berwick het gesê op Januarie 15, 2009

    Allamaskas Lewies, dis oulik!

    Ek dink nou skielik aan ‘n woord waarvan ek baie hou maar nooit gebruik nie: kaduks.

    Mooi woord.

  2. Dit sal die fokken dag wees. Hierdie een woord doen die werk van dertig, en ek HOU van ekonomie.

  3. Flippen uitstaande briljansie.
    (Sorry, ek kan nog nie daai woord skryf nie)

  4. chom het gesê op Januarie 15, 2009

    Foefjas? FOEFjas?

  5. aixo het gesê op Januarie 16, 2009

    wes lewies , wes , wes wes !

  6. katrina het gesê op Januarie 16, 2009

    Lmga! Goeie alternatiewe, maar dit raak al hoe meer in onbruik. ‘n Jammerte!

  7. Jou kommentaar daar op my blog oor Broken Dolls. Dis wat dit sad maak. Hulle wat eintlik liefde nodig het, stel hulself bloot aan uitbuiting.

  8. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Hi Berwick, as ek aan kaduks gedink het het ek dit aangebied as plaasvervanger vir faktap!

  9. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Lou, lyk my jy is preuts–jy sukkel met die d…. woord ook!

  10. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Ek stem Andre, ek hy vorm so mooi in die mond

  11. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Ja Chom, foefjas, nou kan die kinnertjies ook saampraat!

  12. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Fooken onwaarskynlik Ghaap!

  13. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Ja Pruim, nie eens Don Kwiekshot sou die taak aanpak nie!

  14. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Hi Katrina, g’n wonder nie, niemand gaan my ernstig opneem as ek dreig om hom op te dons nie!

  15. Ceara het gesê op Januarie 16, 2009

    LoL! Maar jou voorneme was beslis bewonderingswaardig…

  16. pasella het gesê op Januarie 16, 2009

    Ek het getraai Lorinda!

  17. pasella het gesê op Januarie 24, 2009

    Hi Sieltjie, as jou woordeskat uitgebrei het, is dit mission accomplished!

  18. Lees nou eers jou oulike en oorspronklike blog raak! Dis goed en 10/10 vir vroukie wat nie doekies omdraai nie! 🙂

  19. Ek dink Afrikaans is die enigste taal in die wêreld waar mens ‘n positiewe of negatiewe konnotasie aan fok kan gee. Iets is of befok of gefok.

  20. jjanajj het gesê op Januarie 30, 2009

    hahaha, dis histeries!!!

    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.