Unplugged
Januarie 12, 2009 in Sonder kategorie
Ek is weer terug in die tuig, en die tuig skawe my blinkners. In die sweet van jou aanskyn…
Ek het darem vandag ‘n skunnige grappie gehoor om die dag op te vrolik. Vergewe maar as julle dit al gehoor het.
Die ou en sy vrou gaan so na 30 jaar se getroude lewe al die ou plekkies van hul liefdes-dae opsoek. Dis “onthou jy dit en onthou jy dat”. Later trek hy die kar onder ‘n peperboom langs die pad in. “Onthou jy, ” sê hy, “Hier het ons die eerste keer seks gehad, jy het sommer daar teen die draad gestaan. Kom ons doen dit weer” Hulle maak toe so en dit gaan wild. Na die tyd hyg hy “Sjoe! Dit was baie beter as 30 jaar gelede!” Sy antwoord “Ja, maar toe was die heining nog nie ge-elektrifiseer nie!”
kookpunt het gesê op Januarie 12, 2009
My slap gelag vir jou lewies
aixo het gesê op Januarie 12, 2009
lewies !!!!!!!! VIVA electic moments ….. hehehe
tronkie het gesê op Januarie 12, 2009
haha Lewies – lekker een!
maninblack het gesê op Januarie 12, 2009
Dit kan nogal ‘n skok wees.