Hoor my Lied
Mei 21, 2014 in Uncategorized
Leef jou reis, Litnet my ou maat,
Maar hier gaat ek jou verlaat
Sedert 2008 het ek hier geskryf en gekuier
Maar nog langer? Nee ek weier
Ons blogville word oorstroom deur onwettige immigrante
Hul arrogansie grens aan die flagrante
Om komentaar te lewer is ‘n moerse gestoei
Met Captcha se geskukkel wat ek verfoei
Die meeste van my blogmaters het reeds verkas
En nou sit ek hier soos Piet Snot op sy gat
(ok, dit rym nou nie, maar “bas”
wat wel rym klink darem wragtig
bollie- kinderagtig)
So, liewe vriende wat steeds nog bly
Kom soek my by
Lewies Mymer.Wordpress.com
Ciao Litnet, it was nice knowing you
Toodle-doo!!
Onlangse kommentare