Ag ek het nie op die oomblik iets om te se nie. Ek werk my malle maai af aan ‘n alphabet chart wat die 20e klaar moet wees, so ek is bietjie skaars. Behalwe dat ek altyd tyd het om kak aan te jaag. En te koechiekoe. Laasweek het ek gekoechiekoe, die week werk ek.
Hier is ‘n kiekie vir almal wat wou weet hoe lyk die silwer hairs…

Dis geneem net voor ek laas Dinsdag die Magaliesberge uit is. Ek is hier besig om my haaipolfaais te verruil vir ‘n paar dienlike tekkies. Want, goed soos ek is, kan ek nie die berg met hoe hakke uit nie. Ek het ‘n vriendin wat dit wel kan doen. Ek het eindelose bewondering vir haar…
Bo op die berg het ons die unreal moment gehad toe ‘n Helikopter byna op ooghoogte by ons verby is. Dis nogals ‘n thrill, moet ek se.

Onlangse kommentare