by

Ter Perse gaan!

Junie 27, 2012 in Sonder kategorie

So elke af en toe kry ek ‘n bevlieging en kleur my hare super nordic blonde. Ek wil eintlik grys wees, soos my mode ikoon, Iris Apfel, of Jackie Burger, redaktrise van die Elle, maar silwer is die naaste wat ek daaraan kan kom.

Maar hierdie silwermakery het ‘n baie snaakse newe-effek. Want om die silwer te laat set en te keer dat dit geel word, sit hulle vir mens die heerlikse, way-outste pers mousse aan, waarmee jy dan vir 20 minute moet sit…

Ek is gek oor my pers foamkop! Ek sit gewoonlik ‘n kiekie op facebook sodat almal eers iets moet oorkom.

In elkgeval, daarna word die pers oohmskah uitgewas en lyk ek eintlik heel stigtelik met my silwer hare. Net die punte het so ‘n ligte purple rinse en gewoonlik (tot my spyt)  is dit ook uit na die eerste was of so.

Maar nou stuur Tjaalens vir my die link wat gaan oor pers hare as awareness vir verkragtingsslagoffers. So onwetend ondersteun ek ook sommer ‘n goeie doel hierso!

29 antwoorde op Ter Perse gaan!

  1. Modigliani het gesê op Junie 27, 2012

    Baie Cool!!!!!!!!!!

  2. stewels huh…naais…these boots are made for walking…

  3. Gestewel maar nie ontspoor nie…

  4. *****

  5. avega het gesê op Junie 27, 2012

    Ek is mal oor pers, sal elke dag pers dra, maar in die hare? Nee eks te chicken.

  6. palamino het gesê op Junie 27, 2012

    Ek sien hulle stoot my ook maar daar agter die sink in met my pers kop. Hulle reken seker ek gaan die ander clientelle afskrik

  7. Wat dink jy van Kelly Osborne se hare?

  8. palamino het gesê op Junie 27, 2012

    nou moet ek eers google en gaan kyk hoe lyk kelly osborne se hare. Maar ek neem aan dis pers?

  9. palamino het gesê op Junie 27, 2012

    O, ok. ekt gaan kyk. Ek is mal daaroor. Mense met donker hare se hare kleur baie mooier grys

  10. Wag ek plak ‘n prentjie op fb.

  11. palamino het gesê op Junie 27, 2012

    Oe yes en die Mary Katranzou rok doen dit vir my!

  12. Ek’s regtig mal oor haar hare so.

  13. Madhatter het gesê op Junie 27, 2012

    Ek laaik!!

  14. Ek-Myself het gesê op Junie 27, 2012

    Twee vliee met EEN klap! Sit bietjie ‘n kiekkie op met die “silver” hairs, klink mooi!

  15. postatdo het gesê op Junie 27, 2012

    radical!

  16. …..en ek veg verbete teen die silwer!

  17. Wrong het gesê op Junie 27, 2012

  18. lora2me het gesê op Junie 28, 2012

    Ek hou van pers (en ook geel), maar dis twee kleure wat ek glad nie kan dra nie. Miskien sal ek maar blou of rooi moet kies. Jackie Burger se hare is vir my verskriklik mooi. My pa sê anderdag vir my dat hy sien dat ek bietjie grys word. Die grap is dat dit my grys haartjies se wortels was wat hy raakgesien het – ons moet die mans tog nie reghelp nie!

  19. jr_ewing het gesê op Junie 28, 2012

    jy is doodeenvoudig net super cool. silwer, pers of al die kleure van die reenboog.

  20. palamino het gesê op Junie 29, 2012

    Ag dankie verskriklik! Jy is ook way cool!

  21. Ek sal maar pass op die pers hare ding.

  22. Carol460 het gesê op Junie 29, 2012

    Wys vir ons ‘n foto wanneer jou hare droog is. Ek was my hare met ‘n sekere sjampoe wat keer dat my hare geel word. Jy is ‘n kunstenaar as ek dit nie mis het nie – anything goes. Ons onderwysers moet maar versigtig trap. 🙂

  23. HeavyHenry het gesê op Junie 30, 2012

    Jis jy laat my seesiek voel met jou skewe prent – rotate!

    🙂

  24. abrham het gesê op Junie 30, 2012

    pers lyk so moer toe … so petit/grand morterig!

  25. Kareltjie het gesê op Julie 1, 2012

    Die pers heks van gifappel land.

  26. palamino het gesê op Julie 4, 2012

    Dis Presies, presies, presies wat ek op my facebook wall saam met die kiekie opgesit het! Kan jy glo! Great minds… 😉

  27. loudavisi het gesê op Julie 4, 2012

    Jy is pragtig,Pronk!

  28. DallaSePa het gesê op Julie 17, 2012

    “Ek is gek oor my pers foamkop! ” … jirder … amper dog ek jy sê iets VIESLIKS!!! 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.