by

Barium Yellow

Junie 13, 2012 in Sonder kategorie

Gister loop ek toe nou die kleur ink raak: Barium Yellow. Lelik soos dit is, kon ek nie daarby verbyloop nie! Ek is mos mal oor lelike goed. Soos my opgestopte krokodil. Hy is so lelik, hy begin alweer die grens verbysteek en volsirkel kom na “iets met estetiese meriete” toe. Nou, dis noiu presies die spasie waarin ek leef: Goed wat so lelik is dat mens daaroor wonder, trek my. Dit hou my baie langer besig as blatant mooi moed. Pretty-pretty is vir my pretty boring.

Anyway, die geel is die kleur van n urine monster! Kyk op die foto:

Ek werk aan n klomp renosters vir ‘n renosteruitstalling. Soos gewoonlik is ek in my moer in agter en laat. Ek wil op die invite gaan kyk sodat ek vir julle details kan gee van wanneer dit is, maar ek is eenvoudig te bang en gaan die skok van my lewe kry. Maar dis somewhere einde Junie daar by ‘n plek oorkant die Montecasino… sodra ek krag het sal ek dit opsit…ek wou net eers vir julle kom vertel het van hierdie geel.

O ja, iets het my uitveer beetgehad. Iets met skerp tandjies…

15 antwoorde op Barium Yellow

  1. Urine geel. Daar slaan MK se ordentlikheid alweer deur.

  2. renoster pp??

  3. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    hahahaaa! Dit kan dalk oor ‘n kort rukkie baie werd wees (sies, ek is nou sinies, sorrie)

  4. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    Ek gee nie om vir pisgeel nie. En dis oor ek gepraat het van n urinemonster dat MK urine gebruik het

  5. sirpsa het gesê op Junie 13, 2012

    O, dis ‘n uitveër. Dog dis een van daai goed vir skurwe hakskene.

  6. Raai wie het beet geëet

  7. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    hmmm, ek sal bietjie probeer

  8. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    radio aktiewe beet sou ek se.

  9. HeavyHenry het gesê op Junie 13, 2012

    Dit was die uitvee-ervreter – hy bly onder die tafel waar hy soos ‘n vlermuis hang, en hy kom innie nag uit en vreet die skerp hoeke van die uitveers af, sodat mens hulle nie kan gebruik om net ‘n klein dingetjie uit te vee nie, maar dat jy gedwing word om as’t ware met ‘n bree kwas uit te vee.

    Mens kan hulle met ‘n vierkantige blokkie ou harde kaas in ‘n muisval vang, maar dis gevaarlik want partykeer bars hulle oop en dan kom daar tien honger kleintjies uit.

  10. avega het gesê op Junie 13, 2012

    Interessante kleur, ja dis lelik. Het die kopbeen sy vinger in ‘n plug gedruk?

  11. endlich het gesê op Junie 13, 2012

    interessant. Barium is eintlik wit en ek ken cadmium yellow…
    maar die kleur van barium as jy dit weer uittap na ‘n kliesma …..ja dis so gelerig van die gal. het die geel ‘n groen ondertoon?
    dan verstaan ek nou net mooi als
    mooi noster

  12. palamino het gesê op Junie 14, 2012

    jislaaik! Ek verstaan ook nou sommer beter van die barium! 🙂

  13. palamino het gesê op Junie 14, 2012

    Nee man, dis…uhm…vibes 😀

  14. riem_mamba het gesê op Junie 21, 2012

    Is dit hoe “mellow yellow” lyk. Ek het nog altyd gewonde oor hoe “mellow yellow” regtig lyk. Kan dit wees?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.