by

Vir Net Myself

Junie 12, 2012 in Sonder kategorie

As jy nou verby die opgestopte wildlewe lampie mik (hy dateer uit die Art Deco tydperk…) dan sien jy my stoel in die agtergrond…. Lekker vrolik in rooi. Vir almal wat moan oor die mooi kanadese eikehout wat ek toegeverf het net seg ek daar is niks wat hout so mooi bewaar soos ‘n paar lae lekker dik enamel nie. Die stoffering is sommer cheap rooi en wit check katoen. Die vierkantige rooi kussing is van mister price, die leeu is my eie handerwerk.

ek is darem nie n heiden nie. Daars goed wat ek nooit sal verf nie. Soos die pote van die kopertafel waarop die krok staan. Dis ‘n replika van ene wat in Paul Kruger se huis staan. My pa het my altyd saamgevat as hy die meubels gaan skets. Dis nou toe ek heel klein was. Dan speel ek heerlik daar in die ou huis rond. Ek moes altyd waghou as hy oor die toue klim om die meubels se afmetings te gaan neem. Hy het nooit ‘n maatband saamgevat nie, maar altys so die afmetings met elmbooglengtes, hande en vingers gedoen. Hy het sy eie gepersonalised metrieke stelsel gehad, soos dit n goeie skrynwerker betaam.

Die koperwerk het hy ook self uitgeklop.

20 antwoorde op Vir Net Myself

  1. net myself het gesê op Junie 12, 2012

    Ek is absoluut MAL oor die rooi stoel. En ook oor die feit dat die verf die hout bewaar! Ek is baie ernstig besig om die verf van my tafeltjies te heroorweeg. Is mos nie asof die hout vernietig word nie.
    Ek gaan een donker nag daai kopertafel kom zop. Ek sal darem die krokodil daar los om jou te troos…

  2. sirpsa het gesê op Junie 12, 2012

    COOL! Jy kon nie ‘n beter kleur gekies het nie.

  3. palamino het gesê op Junie 12, 2012

    Weetjy, my ouers het 30 jaar gelede 4 pragtige bentwood eetkamerstoele gekoop vir ‘n klein kombuistafeltjie wat my pa gemaak het. Die stoeltjies was bedek met ‘n paar dik lae staatsdiensgroen enamel. Hulle is lovingly afgeskuur en gerestoureer en met helder vernis bedek. Hulle lyk rerig pragtig.

    Toe ek nou trou en huisopsit 20 jaar terug toe gee my ouers vir my (onder andere) hierdie stelletjie. Maar sedert die hout ontbloot is, het dit ‘n ernstige hammering gevat en moet jy jou oog gedurig op dit hou. Ek is ernstig as ek se dat die olierige verf werklik ons kultuurskatte baie goed bewaar het en dat ons somtyds met goedbedoelde restourasiewerk meer skade doen as goed

  4. palamino het gesê op Junie 12, 2012

    As jy vir my kom kuier kry jy jou Earl Grey daarin

  5. shlwanjan het gesê op Junie 12, 2012

    Dis absoluut stunning!

  6. HeavyHenry het gesê op Junie 12, 2012

    Jou pa is/was ‘n Yster!

  7. palamino het gesê op Junie 12, 2012

    Dankie Henry. My pa was sondag 82. en alhoewel hy ‘n slegte tremor het en nie meer houtwerk doen nie, is sy verstand nog vlymskerp

  8. lora2me het gesê op Junie 12, 2012

    Dis ‘n verskriklike mooi rooi vir so ‘n stoel. Ek hou van sekere hout, maar ook van geverfde goed. Ek het so drie ou, hout weermagbedkassies wat ek wik en weeg om te verf, die een is afgeskuur en ‘n ander een het daardie ou turkoois verf op. Miskien moet ek net helder vernis bo-oor sit sodat ‘n mens nog die ou karakter kan waardeer. Dis nou my bedkassies die afgelope tyd. Ek dink jy het jou pa se “oog” vir mooi goed en skeppende talent geërf.

  9. krokowaan het gesê op Junie 12, 2012

    mooiman!

  10. avega het gesê op Junie 12, 2012

    Luv die stoel. Ek gaan ook my bal en klou tafeltjie toeverf. Moeg daarvoor om ‘n lap te soek om oor die ding te gooi. My skoonma het ook so kameel teepot, ek wil hom hê, maar sy hou haar doof.

  11. MarynaM het gesê op Junie 12, 2012

    Die KROKODIL! Gordon Ramsey het sy twin uitgebrand op Kitchen nightmares, die Flamango’s episode.

  12. riem_mamba het gesê op Junie 12, 2012

    Nou laat jy my terug dink. My ma het ‘n stoel by haar oupa geerf. Met gerdaaide hout pote en stutte. Fyn hand gekerfde hoe rug lening. Pragtige krulle in die hout. Die stoel het olief verf oorgehad – drie dik lae. Wit, groen en blou. Ek was in std 6. Houtwerk was een van my vakke. Ek het die stoel met skuurpapier en voortrekker knipmes ontverf. Hy was pragtig deur die olieverf bewaar. Hy staan nou nog in my ma se huis se spaar kamer en pronk!

  13. HeavyHenry het gesê op Junie 12, 2012

    Ag nice!

  14. net myself het gesê op Junie 13, 2012

    Weet jy wat? Ja! Ek gaan dit verf! ‘Cos why dit gaan awesome lyk. En dit pas baie mooi in by my langtermyn plan om ‘n lekker kleurvolle bohemian-type huis te hê. (Laaaaaaaangtermyn.) Watse kleur sou jy voorstel? Ek oorweeg rooi (soos in tamatierooi), of turkoois (soos in tropiese see blou), of dalk self geel (soos in geel varkoor geel)?

  15. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    Lekker!

  16. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    Ag hoe wreed! 😀

  17. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    Ek is nou nuuskierig oor jou weermagkassies.

  18. palamino het gesê op Junie 13, 2012

    die turkoois praat met my….

  19. Ek-Myself het gesê op Junie 13, 2012

    Ek like!

  20. lora2me het gesê op Junie 13, 2012

    Die weermagkassies het al die jare in my skoonpa se deurmekaar werkswinkel gestaan – hulle was blykbaar die voorlopers van die staalkassies. Oorspronklik was daar vier. Toe staan dit vir jare in my man se deurmekaar werkswinkel. Ek het hom oortuig om in twee van die kassies rakkies te sit sodat hulle meer funksioneel is en ons moes ‘n nuwe blad op die een sit. Ek wou hul blaaie die oorspronklike bruin hou en net vernis. Die onderste dele het baie chips en krappe in, maar ek hou daarvan. Nou wik en weeg ek dit om hulle een kleur, dalk swart of wit te verf, maar die turkoois ene het soveel karakter dat ek dit nie oor my hart kan kry nie. Sal maar nog daaroor dink.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.