Ter Perse gaan!
Junie 27, 2012 in Sonder kategorie
So elke af en toe kry ek ‘n bevlieging en kleur my hare super nordic blonde. Ek wil eintlik grys wees, soos my mode ikoon, Iris Apfel, of Jackie Burger, redaktrise van die Elle, maar silwer is die naaste wat ek daaraan kan kom.
Maar hierdie silwermakery het ‘n baie snaakse newe-effek. Want om die silwer te laat set en te keer dat dit geel word, sit hulle vir mens die heerlikse, way-outste pers mousse aan, waarmee jy dan vir 20 minute moet sit…
Ek is gek oor my pers foamkop! Ek sit gewoonlik ‘n kiekie op facebook sodat almal eers iets moet oorkom.
In elkgeval, daarna word die pers oohmskah uitgewas en lyk ek eintlik heel stigtelik met my silwer hare. Net die punte het so ‘n ligte purple rinse en gewoonlik (tot my spyt) is dit ook uit na die eerste was of so.
Maar nou stuur Tjaalens vir my die link wat gaan oor pers hare as awareness vir verkragtingsslagoffers. So onwetend ondersteun ek ook sommer ‘n goeie doel hierso!
Onlangse kommentare