RIP boet kry sy ry
Mei 30, 2012 in Sonder kategorie
Ek het gisteraand skokkende nuus ontvang. ‘n Dierbare vriend van my is dood in sy hotelkamer in Taiwan aangetref, 11 dae nadat hy gearriveer het om te begin engels gee daar. Julle ken hom as die blogger: Boet kry sy ry. Alhoewel hy net 2 blogposts gedoen het, het hy ‘n redelike impak op die blogs hier veroorsaak. Veral met sy eerste plasing.
Ek ken hom amper 25 jaar lank. Boet was ‘n mystic. Iemand wat op ‘n baie intense vlak die lewe in al sy fassette ervaar het en in 5e rat geleef het. Hy was my exman se beste vriend en ons sou altyd op byeenkomste so na mekaar toe gravitate en dan iewers op n bank loop sit en chat en chat tot die koeie huistoe kom. Heerlike satisfying gesprekke oor boeddhisme, ons kinders, die skool sisteem, life, the Universe, Everything…
Boet het baie healing in my lewe ingebring in ‘n tyd toe ek self voor ‘n bus wou inloop. Hy het my bekendgestel aan die NA st 12 stappe. Dis ‘n wonderlike tool; nie net vir verslawing nie, maar ook as mens groot blokke in jou lewe wil skuif.
Ek en hy was daagliks in kontak tot en met sy vertrek na Taiwan toe 11 dae gelede. Hy het ‘n fenomenale skryftalent, maar het as gevolg van ‘n streng, konserwatiewe agtergrond (ware mans skryf NIE gediggies nie!) geen selfvertroue gehad nie. Ons albei het ‘n diep belangstelling in die Godin as argetipe en hy was n voorstander van die sogenaamde female led relationship. Dit was altyd vir my heerlik om met ‘n man te kon gesels wat die divine feminine so goed kom verstaan en homself so elegant en helder daaroor kon uitdruk. Op 24 April skryf hy die volgende op my facebook wall:
Ek dink jou bebaarde vriende is nog verknog aan die gesplete Maria argetipe. Maria die berouvolle hoer, en Maria die ewige maagd is soveel makliker om te verstaan as n almagtige, alomteenwoordige godin! ‘n Godin, jy sien, bestaan uit vele argetipes, en watter selfrespekterende baardman kan nou opsit met die bitch goddess? Geen wonder hulle wil op skool al al wat mooi meisie is naai nie. En sou die meisie nou toegee, word sy dadelik ‘n hoer. Ek self verlang die Godin. Sonder Haar heelheid bly ek ‘n laaitie met ‘n onvolwasse ego
Ek het n maand of wat met die idee gekom dat hy vir my godingedigte moet begin skryf, sodat ek dit kan illustreer. Ek het aangehou dat hy moet uitgee. Hy het dadelik aan die werk gespring en vir my materiaal begin stuur. Ek wou dat ons dit blog en dan so na ‘n jaar dit versamel in n bundel. Ek gaan sy eerste storie hier plaas. met sy nota by:
Pronk: Hier is ‘n ietsie oor Kali. ek snuffel nog, so ek het nog nie versies
nie. Hierdie stukkie kom uit n youtube video: Understanding Kali Maa.
die idee was om die kind te word voor haar. Die naiewe ek-verteller
skryf ook aaneen soos ‘n kind, maar dit word ook ‘n supplication soos
die musiek vir Kali op die videos.
Anyway, dis maar ‘n simpel ietsie. lees asseblief en laat weet hoe jy
wil vorm gee daaraan, dan maak ek hom so.
Ek het ook gedink om eers met so iets te begin as ‘n introduction, en
dan uit te brei met gedigte, liedjies en mantras. so kan ons n boekie
maak
Okay, laat maar weet
Kalika mamma
Met ons neuse teen die koue venster wag ons ‘n ewigheid vir Pappa om sy verskyning te maak in die driveway. Mamma staan alreeds voor haar spieël en tof haar hare op, al lyk dit nog altyd soos ‘n ontplofte matrasfabriek. Pappa lyk maar altyd dieselfde in sy blou suit. Mamma is alweer kaalgat. Ander kinders dink sy is weird, maar ons ken haar so. In haar huis is sy die baas en sy sal kaalnêrs rondloop, soos die blou hemel, as sy wil. Sy sal dit vir enigiemand sê wat ‘n issue het, sy is nie gepla nie. Ons ook nie. Mamma sê sy en Pappa sal enigiemand bliksem wat aan ons probeer vat. My ma is sterker as enigiemand in die hele wye wêreld, selfs op TV. Sy is selfs sterker as Pappa. Sy sê altyd, as sy my pa nie onder sy gat skop nie, sal hy niks doen nie. Maak nie saak nie, my pa is slim. En dis al wat saak maak, sê Mamma. Sonder hom sal sy nie weet watter kant toe nie. Dan was ons almal kaalgat. Partykeer as ons seerkry los sy ons, dan sê sy: “Ja, wie nie wil hoor nie moet voel”. Dan moet ons weet dis vir ons eie beswil. Maar as ons huil hou sy ons altyd vas. Jy moet haar net nie die hel in maak nie, want sy het n tong soos ‘n lemmetjie. My pa sê so. Dan sê sy dis omdat sy alewig almal se kak moet opvreet. Vandag vreet sy niemand se kak op nie. Sy staan en tap tap tap so met daai voetjie van haar. Ons kyk altyd of dit haar linker- of regtervoet is. As dit haar linker voet is, is dit tickets. Wanneer Pappa uiteindelik in die driveway verskyn, hardloop ons buitentoe met ons arms uitgestrek in die blou lug, blou soos Mamma lyf, en skree: “Shakti! Shakti!”
Hy is jonk dood. in sy vroee 40’s. Ek glo nie dat daar iets soos ‘n ontydige dood is nie. Ek glo dat ons inkarneer met ‘n doel. Om te leer en om lief te he, en dat – as ons klaar is, ons aanbeweeg. Daarom vra ek nie hoekom nie. Osho se die dood is die mees betekenisvolste deel van die lewe. Dis die cherrie op die koek van iets wat intens betekenisvol is.
Boet is Taiwan toe omdat dit die een plek was waar hy onbeskryflik gelukkig was. Hy was bitterlik lief vir die taal en kon dit vlot praat. Hy was mal oor die kultuur en het gese dis die enigste plek waar hy nie soos ‘n alien voel nie.
Ek rou vandag. Maar ek rou hom met ‘n sweetness en ‘n finaliteit want ek weet hy was tussen sy mense en daar was vrede in sy hart.
Mag die Godin hom sag aan haar boesem vertroetel.
Onlangse kommentare