Die Makabere Victoriane
Maart 8, 2012 in Sonder kategorie
Ons het nou die dag daar by Henry so lekker gesels oor “primitiewe” stamme en hulle vreemde praktyke, soos bv om hulle middeltjies in te bind. Maar moenie dink ons hier in die Weste is so heilsaam, gesond en onskuldig nie. Ek het nou die dag op die foto afgekom. Dis ‘n sg Victorian, post mortem foto. Glo dit of nie, maar die meisietjie in die middel is dood!
As jy mooi kyk sal jy sien sy word regop gehou deur ‘n stut. Die stut het ‘n stewige voetstuk. Haar klere was oop aan die agterkant en sy is met drade in ‘n regop posisie aan die stut vasgemaak. Dik drade loop ook deur haar moue en buig haar arms in posisie. Die houding van haar hande is egter nie baie natuurlik nie, veral die hand op die ma se arm.
Haar oe is ook na die tyd op die foto ingeteken. Hulle is eintlik toe. Vergelyk dit met die ma en pa wat se oe albei baie dowwer vertoon.
Interessant, ne?
Ps: ek het so bietjie gaan bylees en op iets nog meer interessants afgekom, hier . Daars ‘n hele paar fotos daar. En dit wil amper voorkom asof die fotos ook n tipe van n status simbool was, want dit was blykbaar baie duur en net ryk Victoriaanse families kon dit bekostig!
daancoetzee het gesê op Maart 8, 2012
Grieselrig!
monicahaddad het gesê op Maart 8, 2012
BAIE interessant!
endlich het gesê op Maart 8, 2012
ek wou se daai “red eye reduction” is ‘n bietjie oordoen.
makaber
lora2me het gesê op Maart 8, 2012
Dis altyd vir my verskriklik grusaam om hierdie dooie mense op die foto’s te sien. Daar is mos baie van die Anglo-BO-foto’s wat lyke in “onnatuurlike”, natuurlike posisies afgeneem het. Ek wonder of dit nie ‘n manier was om die trauma van so ‘n verlies te verwerk nie. Ek onthou my ouma-hulle het altyd daarvan gehou om foto’s van die begrafnisstoet, die begrafnisgangers ens. te laat neem en dan is dit plegtig gebêre met ‘n aantekening op die agterkant van die foto. Seker maar dieselfde as die lyke van staatshoofde in glaskaste en doodsmaskers, hierdie obsessie om kontak te behou.
Trakie het gesê op Maart 8, 2012
Daai oë het my dadelik opgeval.
Inderdaad ‘n vreemde praktyk.
louisna het gesê op Maart 8, 2012
Inderdaad buitengewoon interessant.
palamino het gesê op Maart 8, 2012
Kan wees, ne?
palamino het gesê op Maart 8, 2012
Vreemd, maar tog lykmy so half algemeen in daardie tyd. As mens google kom jy op heelwat voorbeelde af. Wat vir my die ergste is, is die uitdrukkings op sommige van die lewendes se gesigte. Ek kan die energie absoluut optel.
HeavyHenry het gesê op Maart 8, 2012
Eish! En dan raam mens die foto en sit dit saam met die ander kaggelkakkies…
Nie lekker nie!
pienkvolla het gesê op Maart 8, 2012
Die oë verraai alles! Gross…
Boekemakranka het gesê op Maart 8, 2012
Miskien was dit ‘ngebruik of manier om die verskikking van oorlog te minimaliseer, om die afgryse daarvan te laat ‘voortleef.’ ‘n Primitiewe vorm van Ons sal oorleef?
Elephant69 het gesê op Maart 8, 2012
Grote griet! Dis ‘n bietjie freaky….
riem_mamba het gesê op Maart 8, 2012
Is eienaardig?
frandr het gesê op Maart 8, 2012
Dis die hartseerste, hartseerste ding wat ek in ‘n lang ruk gesien het!
francoiswilliams het gesê op Maart 8, 2012
naais mense…wit, en baie xtelik…
francoiswilliams het gesê op Maart 8, 2012
net xtene,…
francoiswilliams het gesê op Maart 8, 2012
goddank is die morde van aparthate darem meesal deur swepe en bomme gedoen…
palamino het gesê op Maart 9, 2012
Ek wil dit net stel dat hierdie Europese fotos is. Hoofsaaklik Brits. En dit is Memeto Mori. Maw die funksie daarvan is om mens te herinner aan die verflietendheid van die lewe en die permanensie van die dood. Ek sal self graag die ABO fotos wil sien
palamino het gesê op Maart 9, 2012
Baie hartseer, inderdaad
Modigliani het gesê op Maart 9, 2012
Dit is bietjie grillerig.
Madhatter het gesê op Maart 16, 2012
Oooeeee nee. Glad nie nice as mens die detail ken nie.