Ek het nog steeds ‘n by in my bonnet
Maart 28, 2012 in Sonder kategorie
Spesifiek oor bloggers wat verwys na hoe standaarde geval het sedert hulle begin blog het. (Sommige van hulle “veterane” wat al n hele maand hier blog, sjoewa dis lank!) Hoe dit die einde is van litnet, want al wat oor is is ‘n handjievol kommin plebs sonder norme en standaarde wat heeltyd fight! En dan maak hulle die sweeping statement dat dit net Afrikaners is wat so maak. Dit gebeur nerens op die aardbol nie – en hulle is berese hoor! Hulle het getravel, hulle ken van! Goeie genade! Het julle ooit die Italianers al beleef? Of die Franse for that matter?
Ek dink mens kyk ook maar na die blogs (soos na alles in jou realiteit) met ‘n spesifieke emosionele bril op. Ek wil dit graag illustreer met ‘n oulike storie wat ek eendag raakgelees het:
In die reenwoude van die amazone is daar ‘n tipe paddatjie wat, as hy wasdom bereik het en wil jag altyd so met een boud teen ‘n boom gaan sit. Hy sien blykbaar net vliee wat van eenkant af kom raak. Hy kan oorval word met vliee wat van ander rigtings af kom, maar as hy nie die gesien kry wat van die spesifieke rigting af kom nie, sal hy doodgaan van die honger.
En mense is vir my baie so. Ons is tog so geneig om net dit te sien wat met ons resonate op ‘n emosionele vlak. En die denkfout wat ons dan maak, is om ons eie persepsies te aanvaar as die waarheid! As mens net die fights of “agteruitgang” raaksien (die vliegies wat van een kant af kom), se dit iets van jou psige.
Daar is kwaliteitbloggers hierso: Berwick, Monica, Madhatter, Neander, Abrham, Jeanne, Charlene, Ultra Mel, Thomas, Vega, Carramella, Korra, Bernard, Petrus pap, Dalla se pa, Henry, Latino, Lora en ‘n swetterjoel ander wat groot waarde toevoeg en by wie ek soveel leer. Elke dag kom daar ook interessante siele by ..
Die ander denkfout vir my is dat ons heeltyd voel dinge verander ten slegtse (kan mens ten slegste se? Soos in die teenoorgestelde van ten goede?) Ons praat met groot nostalgie van die goeie ou dae asof dit die heel beste tyd was wat die heelal aan ons kon bied. Kyk ons dan deur so ‘n eng en benepe brilletjie na die wereld? Tel ons ooit ons koppe op om die groter prentjie waar te neem?
Ek probeer die hele spektrum van lewe in al sy fasette en skakerings waarneem en erken ook aan myself dat dinge, soos in die natuur maar ‘n eb en ‘n vloei het. As dit lyk of ons op die blogs ‘n “laagwaterpunt” bereik het is dit nie noodwendig finaal oor en verby nie, dit sal weer draai, mos. Laagwater maak volledig sin in daardie hele sikliese konteks.
Feit is als in die heelal is eintlik konstant in flux, is voortdurend besig om te rekonfigureer en te verander. Ek meen, selfs ons eie liggame. Ons is konstant besig om nuwe selletjies te vorm en ontslae te kaak van oues. Ek het iewers gelees ons kan sover gaan om te se ons is elke xxx dae (gaan google self, nie nou lus) ‘n hele, splinternuwe mens! En selfs die idee wat ons van ons het as ‘n soliede konkrete wese is ‘n illusie! Elke individu bestaan uit ‘n groep partikeltjies wat soos ‘n swerm bye om mekaar zoem en koek en die illusie skep dat daardie individu solied is.
Idees kom en gaan, spesies kom en gaan, mense kom en gaan, eras kom en gaan, heersers kom en gaan….. en die blogs is maar ‘n holografiese afsplitsing van hierdie hele kom-en-gaan siklus. Moet seblief nie so gatvas wees om krampagtig aan die verlede vas te klou nie. tel jou visier wyer in en toets jou persepsie aan die realiteit.
Die enigste ding wat konstant is in hierdie realiteit van ons ,is verandering! Wat ‘n beautiful teenstelling. My lewe is verseker ryker en rustiger sedert ek die hele idee embrace het en begin het om in die oomblik te leef en ja te se vir verandering!
Neewat, dan ek is ‘n kommin pleb en ek is nie bang om een genoem te word nie! Ek geniet hierdie plebiaanse spasie en ek sal nie my neus optrek oor die waardes, norme en standaarde wat kwansuis so val omdat ek na alles om my deur ‘n snobberige brilletjie kyk nie! Fighting het ook n funksie, gaan kyk maar in die natuur. (form follows function)
Boonop hou ek van die rouheid en onmiddelikheid van Litnet. Die feit dat hier los kanonne is wat curve balls gooi sit juis die spark vir my in. Ek sal nie oorbeweeg na ‘n sanitized space waar mens totale editorial beheer het en jy vooraf kan besluit wat deurkom en wat nie en jou blog en jou bas “veilig” hou nie. Want die lewe is nie so nie!
Die goeie ou dae is so laas Millenium! Viva die hier en die nou!
Occupy Litnet blogs!
Onlangse kommentare