Antieke tatoeermerke
Februarie 29, 2012 in Sonder kategorie
Neander het nou so ‘n interessante inskrywing gedoen oor die Otzi man wat in die alpe gevind is en sy opmerking dat die ou getattoeer is, het opnuut my belangstelling daarin aangewakker.
Ek het so paar jaar gelede afegekom op die interessante brokkie inligting oor die getattoeerde Siberiese ysmummies wat in die altaigebergtes gevind het. Ek was baie opgewonde oor hulle tattoos, wat wys dat hulle op daardie vroee stadium al ‘n ontsettend verfynde sin vir ontwerp gehadhet.
Hulle tattoe ontwerpe het hierdie borduurontwerp by my geinspireer:
HeavyHenry het gesê op Februarie 29, 2012
‘n ou laai, die ink ding – ek het iewers ‘n boek met fotos van mensvreters in die suidsee see eilande se ink – lekker abstrakte goed, as ek reg onthou.
Modigliani het gesê op Februarie 29, 2012
Sjoe dis mooi!
(is daar enige iets wat jy nie kan doen nie???)
palamino het gesê op Maart 2, 2012
O ag stuur vir my groot asb ‘n link. Kannibaal kuns is vreeslik cool! Ek gaan sommer self bietjie google ook.
Dit lyk my ons ink onsself van die oomblik toe ons die tak laat los het 🙂
Pippie langkous se mensvreters bly ook in die suidsee eilande
palamino het gesê op Maart 2, 2012
Ag ek is ‘n stoere Afrikanerdame wat my maar altyd besig hou met ‘n ou naaidingetjie, jong!
palamino het gesê op Maart 2, 2012
(((Sonel)))
HeavyHenry het gesê op Maart 2, 2012
You should be so lucky – ‘n skakel issie moontlik nie – dis ‘n boek iewers in die deurmekaarspul by die huis – ek sal moet soek, en afneem, en pos.
Eish! Hier het ek alweer met my groot bek ‘n lat vir my gat gepluk!
Modigliani het gesê op Maart 2, 2012
*giggel*
HeavyHenry het gesê op Maart 3, 2012
Oukei hys op – gaan kyk daar by my.
Perdebytjie het gesê op Maart 7, 2012
Dis pragtig!