My Prehistoria (6): Middestad revisited
Februarie 28, 2012 in Sonder kategorie
Orraait, dit was nou pynloos!
ek het gougou (!) vroeg vanoggend my voertuiglisensie gaan hernu in die middestad van Pretoria. Ja, ja, ek weet ek kan dit by enige poskantoor doen, maar dan moet mens ‘n noutis oor die pos kry … wat ek nie kry nie (iewers word ek soos gewoonlik weer gemarginaliseer, sien?)
Ag en als het sommer tjop tjop verloop. In en uit binne 15 minute!
Dit was vir my heerlik om weer in die middestad te kan rondloop. Meeste mense gril mos nou daarvoor, maar ek hou van die energie daar. Daar is uitbundige lewe op die strate. Mense verkoop hulle ware soos mooi veelkleurige kopdoeke en sonhoede en 2e handse valstanne en so daar op die sypaadtjie en almal lag en gesels. Tot die prostitute lyk vars en stunning. (ek dink ons het die mees glamorouste prostitute in die wereld! En orals is nuwe chinese winkeltjies en muti dokters en kruie en komberse en goed. ‘n Gekkespul van kleure en dinge en mense wat my nooit sal verveel nie.
My gunsteling winkel is Makulu Hopaan. Wie ken dit? Dis so ‘n fantastiese Afrikawinkel. My pa het altyd gese jy kan enige iets daar koop – van ‘n ploegskaar tot ‘n dooie poeliesman. En dis vandag nog so: Vreemde chinese wokke, stomers en ander cooking utencils, shweshwe lap, die mooiste, kitcheste porselein, geskilderde emaljeware, slanggif, gumboots – noem maar op! En dit ruik na rubber en leer en ghries en kruie. Ek is altyd verlig as ek deur die middestad trek en Makulu Hopaan is nog daar… dan is die wereld nog reg. Soveel beter as enige shopping-mall!
HeavyHenry het gesê op Februarie 28, 2012
Jis ek was lanklaas in daai winkel…
endlich het gesê op Februarie 28, 2012
Dit klink na ‘n lekker uitstappie.
Ek dink dis so seer oor die gril nie, maar oor die bang…vir die vreemd
palamino het gesê op Februarie 28, 2012
Daar bo, naby die stasie was net so lekker ene. Ek kan nie sy naam oonthou.
Iets soos Foley en Yoon, maar hulle was die amazing kamerawinkel daar in Voortrekkerweg. daai winkel staan nou vol van die ongelooflikste vintage karre geparkeer, very curious
palamino het gesê op Februarie 28, 2012
Ek dink elke huishouding het sy eie weergawe, ne?
palamino het gesê op Februarie 28, 2012
ag dis ons mense en ons wereld.
melvanas het gesê op Februarie 28, 2012
Ons het verlede jaar ‘n troue gehad by die Pretoria dieretuin en toe slaap ons oor by die 224. Ons vriende het hul neuse vreeslik opgetrek maar vir ons was dit nogal ‘n belewenis. Die liggies en die lewe. Maar 05h00 daai volgende oggend toe vat ons eerder die pad huistoe want toe is ons al bitter moeg!
palamino het gesê op Februarie 28, 2012
“Daar by die 224!” hehe
melvanas het gesê op Februarie 28, 2012
Jis ja ons het nog die stortkappie oor die smoke-detector getrek om te kan rook en toe besef ons na die tyd dat die ding nie eers ingeplug was nie!
palamino het gesê op Februarie 28, 2012
Die Stink Flamink is ook daar naby die 224
palamino het gesê op Februarie 28, 2012
Die goeie ou dae toe mens nog gepiekelde poeliesmansbreins by die mutishop gekoop het
HeavyHenry het gesê op Februarie 28, 2012
Kan dit nie onthou nie, of ek kliek nie watter een jy bedoel nie – swot tyd op Tuks was lekker, en ek het die hele dorp platgeloop!
TS het gesê op Februarie 28, 2012
Ja die deel het sy eie midde Afrika bekoring en eintlik voel mens nie onveilig nie
lora2me het gesê op Februarie 28, 2012
Jy spot! Die 224 is mos nou opgegradeer. Vroeër jare het my man, onwetend en nie regtig ingelig oor Pta nie, daar ingeboek en omtrent iets oorgekom van die urinereuk en die prostitute in die hotel. Die brêkfis was blykbaar goed. Nou het hulle van die beste platters wat jy vir funksies kan bestel!
lora2me het gesê op Februarie 28, 2012
Daars ‘n Franse liedjie oor die Champs d’Elyssee (verskoon vandag se spelling) waar hulle ook sê jy kan van ‘n naald tot ‘n prostituut daar te koop kry. “Tot die prostitute lyk vars en stunning” – Palamino, jy’s ‘n treat!
karenwallace747 het gesê op Februarie 28, 2012
Makulu Hopaan is daar sedert ons kinderdae (die 70s) of selfs nog daarvoor! Ek onthou die leeu in die vertoonvenster… Wie onthou die army surplus store Grossbergs? (was oorkant Schweikerdts (sp?) en Dippenaar en Reinecke waar mens jou gradeplegtigheid toga moes huur)…
riem_mamba het gesê op Februarie 28, 2012
Pronk jy sal maklik en lank op Afrika se bodem kan leef!
avega het gesê op Februarie 28, 2012
Weet daai mooi opgedressde meisies jy noem hulle prostitute?
palamino het gesê op Februarie 29, 2012
Jis daai steeg met Grossbergs aan die een kant en Schweickerdts aan die anderkant was my favourite hangouts as kind By een het ek verf en papier gekoop en by die ander saals, tooms en rydrag! Wow, Karen, nou maak jy my nostalgies.
Onthou jy Goeneveldt & Hicks an die Westekant van kerkplein? My oupa het sy knipmesse en oupa-dinge altyd daar gekoop.
palamino het gesê op Februarie 29, 2012
Gitsie?
palamino het gesê op Februarie 29, 2012
Dis maar partykeer swaar vir wit vrou in Afrika, Mambaman! 😀
palamino het gesê op Februarie 29, 2012
Lora, mens kan absoluut al jou beauty tips by hulle vang. Ek is hoeka lus om ‘n tydskrif ir hulle te begin.
Net hulle smaak n skoene aleen slaan jmy asem weg
palamino het gesê op Februarie 29, 2012
Ek sal hulle bietjie uitheck. Ek kom nogal gereel na die Pta Kunsmuseum
Blikskottel het gesê op Februarie 29, 2012
Ek gaan net soontoe om my “polisie clearance sertifikaat” op te tel. Verder staan Pretoria se middestad my niks aan nie.