by

Laatsomer

Februarie 27, 2012 in Sonder kategorie

Gister is ek toe die krans daaruit, die kloof daar af en die vallei daardeur en dit als op die rug van ‘n wolkwit arabiermerrie. So vas van voet jy kan met haar boomklim en so gerieflik en goedgeveer soos ‘n Lazyboy voor die TV.

Ons het behoorlik bundu bashing gedoen en is ook deur ‘n paar diep dongas wat my hare laat regop staan het. Maar Prinsessa ken haar storie en het met groot selfvertroue gecope. Ek leer waardevolle lesse oor die lewe as ek my op haar rug bevind.

En die seisoen word ryp om my op n manier wat my na asem laat snak. Spekvet, geil en volrond en goud is die grasvlakte soos my perdjie se ritmiese hoeweval die landskap onder my oopsing. En die bosveldvoeltjies “chweel chweel” so verlate en finaal dat ek my oorhoeks verlang na mense wat ek gladnie ken nie. Die ysblou lug is my katedraalkoepel.

Selfs die Mosambiekse spoegkobras was heel polite in die laatoggendson en het hulle geelkoperlywe skaars gehou, dankie tog!

8 antwoorde op Laatsomer

  1. TS het gesê op Februarie 27, 2012

    Klink spesiaal

  2. Nie enige mens kan so op ‘n perd se rug sit nie

  3. Dit is so Sonel. Perde stel mens nooit teleur nie! Dis die mees satisfying ding – en ek bedoel dit! Gaan loop lees “The Tao of Equus” van Linda Kohanof – wat daar is!

  4. Nee, hel ek moes vashou hoor!

  5. eendag lank lank gelede toe ek nog idealisties(onrealisties) oor die lewe en die liefde was, op ‘n plaas in Namibie, wou ek ‘n perd links om ‘n bos stuur en hy wou regs. Toe besluit hy om te spring! my maag draai nou nog…

  6. Dit klink heerlik. Min wat mens daai gevoel ervaar. Mens moet daai waardevolle lesse raaksien en behou. Dit is ‘n voorreg!!

  7. Oh wow. Dit klink ongelooflik!!

  8. Aangesien jy nou nog nie die topless op die trekker prentjie geteken en gepos het nie, sal ek nou maar moet settle vir so ‘n tekening van sulke Sjinese perdjies…

    As ek reg onthou was daar sulke pottebakker perdjies ook, oud, met sulke dik lywe en fyn bene!

    Enkel lettergreep dinastie, nie meer seker nie, tang of kung of so iets?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.