by

Manne wat kan dans

Februarie 17, 2012 in Sonder kategorie

Vergeet van die pretty faces soos Brad Pitt en kie. Ek is ‘n enorme Christopher Walken fan. Meestal omdat hy altyd rolle speel wat vleis om die bene het maar veral omdat hy ‘n klassiek-opgeleide danser is. En ‘n man wat elegant beweeg het nog altyd my oog gevang. Hierbo  is hy in Fatboy Slim se “Weapon of choice”, geproduseer deur die meesterlike Spike Jones. Hierdie dans sekwens van hom illustreer vir my absoluut sy vemoens om sinvol te beweeg, maar die eintlike skoonheid daarvan le vir my in die feit dat hy sy bewegings by sy ouderdom aanpas. (alhoewel ek dink hy het n stand in vir daai flikflakke gehad) Die feit dat sy liggaam en looks deur die jare effens verweer het, beklemtoon eintlik vir my die elegansie van sy bewegings, so op ‘n vreemde paradoksale manier. En dat hy dit aanvaar en met die nodige ironie en humor daarmee omgaan, maak dat ek hom absoluut as kunstenaar respekteer..

En dan is daar niemand wat kan shimmy soos John Travolta nie!

En more gaan ek my dansskoene aantrek!

Lekker naweek


21 antwoorde op Manne wat kan dans

  1. palamino het gesê op Februarie 17, 2012

    Tjaalens, ek doen nie goed in skerp sonlig nie 🙂 (te veel van n vampire)

  2. palamino het gesê op Februarie 17, 2012

    huggies vir jou ennie brak!

  3. Jy moet lekker dans hoor dame!

  4. palamino het gesê op Februarie 17, 2012

    Damn ja, ek wou nog iets oor die Deer Hunter se! Dit was briljant

  5. palamino het gesê op Februarie 17, 2012

    Dankie!

  6. TS het gesê op Februarie 17, 2012

    mmmmmm lekker … ek soek ook van ‘n man wat kan beweeg…

  7. As daai eerste ou hier teen net voor die einde van die stukkie so bakbene loop, kry ek die gevoel sy klippe pla hom, of hy kalbassies van pampoentjies gekry het!

  8. Enjoy die dansskoene en wat daarmee saamgaan…

  9. palamino het gesê op Februarie 17, 2012

    Ag man!

  10. Jammer as ek dit nou vir jou opgeneuk het – maar dis waar – kyk weer as hy so in die gang na die kamera afkom.

    🙂

  11. Enige man van Afrika kan 100 maal beter dans en beweeg as enige witman..dis ‘n feit…Witte sbeweeg soos eende in vergelyking…

  12. frandr het gesê op Februarie 18, 2012

    Aaahhh, sugggg – gelukkig het ek genoeg gedans in my jong dae…:0) Nou’s dit julle beurt!

  13. palamino het gesê op Februarie 20, 2012

    Dankie vir die inloer xxx

  14. palamino het gesê op Februarie 20, 2012

    dans is vir enige ouderdom

  15. Moonz het gesê op Februarie 20, 2012

    Yoo hoo… how are you? 🙂 Just popped in to say hello. Hope all is well in Pronk land? 🙂 Hugs xxx

  16. En toe dans ek gisternag die hele huis vol…..

  17. palamino het gesê op Februarie 21, 2012

    Aaaah, ‘n man wat kan dans! 😉

  18. palamino het gesê op Februarie 21, 2012

    Hello Dinxie! Your tiger has been finished for ages. Needs to go in to thre framer.

  19. endlich het gesê op Februarie 21, 2012

    aitsa! hoop jy het lekker gedans! Niks so mooi soos iemand wat met gemak en grasieus beweeg nie. Eks nie een van hulle nie. Ek noem myself altyd ‘n stokmarionet – trap so paar keer in die lug voor ek weg kom.
    Nou dans my dogter namens my(verkeerd ja, maar gelukkig geniet sy dit)

  20. Madhatter het gesê op Februarie 24, 2012

    Hy kapityt! Gaan ook daai moves probeer. Wanneer fliek jy weer? Die nuwe fliek “War horse” lyk goed.

  21. frandr het gesê op Februarie 25, 2012

    Ook weer waar – maar dan nie “…like nobody’s watching” nie, maar slegs “…if nobody’s watching”.

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.