by

Hoeha!

Februarie 6, 2012 in Sonder kategorie

Het julle algtergekom dat , as mens jou in ‘n spinnerak vasloop, dan ken jy onmiddelik die amazingste karate moves! Dan doen jy lugkarate en jy is hierdie uiters bedrewe sensei – wowee

Dit laat my dink aan The Matrix waar hulle so in die matix inplug en dan download hulle al die martial arts en dan kan hulle al daai skills gebruik soos hulle dit nodig kry.

Miskien is spinnerakke geconnect met die martial arts heelal…

10 antwoorde op Hoeha!

  1. TS het gesê op Februarie 6, 2012

    mmmmmm die spinnerak is nog ok, maar daai spinnekoppie is die een wat vir my die probleem is

  2. ja, sien dis nou waar die moves inkom 🙂 Ek en spinnekoppe kan gewoonlik nie vinnig genoeg van mekaar af wegkom nie. Dis nogals iets om te sien

  3. Ek visualiseer daardie prentjie, onthou net, ek gaan jou nie kom losknoop nie 🙂

  4. ag ek is smoove

  5. lora2me het gesê op Februarie 6, 2012

    Spinnerakke kan ook verdwyn en dan weet jy eers van hulle as jy in hulle vasloop – wax on … wax off!

  6. dis n baie dringende wax on wax off vir my daai!

  7. Ja! – dis die user interface direk na die shaolin tempel toe!

    🙂

  8. endlich het gesê op Februarie 8, 2012

    hehehe – ek sien dit al. Ek moet se, ek raak skielik ook minder bewus van swaartekrag, maar die geluidjie wat by my keel uitkom sal geen martial arts fighter afskrik nie

  9. Dit kielie….

Los ’n antwoord vir endlich. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.