Die jaar het nog skaars begin of ek is toegegooi onder die werk! Met deadlines so vroeg soos 15 Januarie – bleh!. En ek het met al die drama nie eens vakansie gehad nie. Desember was net ‘n blur. Maar nou ja, dis geld in my sak en die kinders moet eet!
So van kinders wat moet eet gepraat, ek het so 2 jaar gelede met so ‘n morele dilemma in die kleine gesit. Hierdie NGO het my genader vir illustrasiewerk. Hulle wou swart boere in die mpumalanga disrik bemagtig om groente te kweek vir die Pick&Pay (baie soos wat woolies sy verskaffers oplei. Hulle wou juis vir woolies troef.) Siende ‘n Duitse ngo het hulle uitstekend betaal, baie beter as wat die uitgewersbedryf doen, so ek het met groot entoesiasme weggespring en gewerk aan hulle alsomvattende gidse, met stap vir stap instruksies om allehande soorte groente te plant, landboukalenders en allerhande ander interessante dinge. (ek is mos bietjie van n closet boervrou – hierbinne is iemand wat smag om n lappie grond te he waar ek my permaculture goete kan aanvang) Daars bv n groot mark vir so ‘n kompakte, inheemse boerbok vir ritualistiese slagdoeleindes. Enetjie wat mens sommer so op die traplanding van n blok flats in sunnyside kan slag sonder groot toedoe
Ongelukkig was hulle nie organies ingestel nie, so dit was ‘n tradisionele gids waarin die gebruik van kunsmis ook volledig geillustreer moes word … en … gif- en onkruiddoderbestuur.
En dis toe nou waar die popo die fen strike, vir so ‘n voodoo, tree hugging hippie soos ek (ja, toe, gaan nou maar aan)
Ek moes stap vir stap geillustreer het hoe mens dit aanmaak en hoe mens dit berg – en dis nogals n storie. Jy moet n konka of drom in ‘n blok diep sement inle om te voorkom dat die gif wat jy berg deursyfer in die aarde in (as mens prentjies maak om goed te verduidelik raak jy by default ‘n ekspert daarin – oef!) . Die konka het so ‘n deurtjie met ‘n slotjie en daars sifdraadrakkies in waarop al die liederlike konkoksies nou geberg word. Dit moet n hele ent weg van die opstal, skure en diere slaapplekke geinstalleer word
Op daardie stadium het ek geen onderhoud van die kinders se pa gekry nie en ek was finansieel onderdeur. Dit was ‘n kwessie van, ek maak n painting en verkoop dit en dan kan ek die kinders se skoolgeld betaal – of, ek maak ‘n painting en verkoop dit, dan kan ek nuwe bandjies op my kar sit. Moeilike tye – maar mens kom daardeur en dan is jy sterker en het jy meer oor jouself geleer 🙂
En hierdie was ‘n enorme job wat baie goed betaal het. Ek sou omtrent vir 3 maande aan die gang kon bly met daai geld, maar o aarde die gifgids het my totaal nagmerries gegee.
So, toe was ek nou voor ‘n keuse: Ly honger of verdien geld waarmee ek dan gifgroente uit p&P vir my kinders kan terugvoer – Wha!
In elkgeval, daai gif het ‘n diep inkeep op my psige gemaak en die gifmanne duik van tyd tot tyd in my eie werk op …

Check sy bootse! Hy is blou want hy is Krishna
Onlangse kommentare