Aaai! Vandag wou ek nou dawerend my en Lyfie se nuwe projek aankondig. ons gaan van die nuwejaar ‘n weeklikse blog doen waarin ons jou alles gaan leer van tantra ….
…maar die Heelal het in haar wysheid besluit dat ons eerder op iets anders moet fokus.
Ek het gisteraand halfeen met Moederlief Montana ongevalle toe gejaag. Sy het gekla van ernstige buikpyn. Hope toetse, xtrale en ‘n lang wag later is sy per ambulans oorgeplaas na die Eugene Mare hier agter die bult.
Sy moet dringend geopereer wod want daar is ‘n verstopping in haar dermkanaal en die gevaar is dat dit kan bars. Voeg daarby dat narkose vir haar weens ‘n swak hart en verskeie trombose insidente vroeer in haar lewe ‘n baie gevaarlike proses is, en julle het die hele prentjie.
Ek het so 5 uur by die huis gekom om gou te stort en my pa te versorg en intussen het my broer van Klerksdorp af oorgery.
En nou begin die lang wag. Sy word nou voorberei vir die operasie wat iewers later vanmiddag gedoen gaan word. En dis nou my swakpunt julle, die gewaggery. Die hemele alleen weet ek is nie goed daarmee nie. “Geduld is een van die belangrikste lesse van die Tantra”, haal Lyfie die Uwe nog boonop aan op ons nuwe blog, maar dis een van my grootste en diepste leerkurwes. So, ek vat dit letterlik oomblik vir oomblik.
My ma is so groot soos ‘n muggie en so ‘n fighter. Sy is al deur diep waters in haar lewe en sy is vir my een van die beste voorbeelde van iemand wat haar geloof soos ‘n laserstraal gebruk om haar lewe te shape en te rig. Ek het so baie by haar geleer, veral toe ek ook moeder geword het van hierdie 3 orkane van my. En sy is die een wat telkens rustigheid en perspektief inbring as hierdie mammie dalks net te bietjie naby aan kindertjiemoord kom.
En nou sit sy, kiertsregop,in haar hospitaalbed, so verby haar suurstofmaskertjie en organise my pa se kankermedisyne oor haar foontjie. Daars ook nie einde aan haar nie!
Onlangse kommentare