Happy pills
November 30, 2011 in Sonder kategorie
En daar land ek toe mos nou oor die naweek in ‘n fisiologiese doodloopstraat en sien nie my weg uit die moeras uit nie.
Na die gordelroos episode het ek verskriklik angstig begin raak oor goed. Ek meen, ek het baie druk op my as enkel ma van 3 kinders en om 2 loopbane te juggle plus my uitstalling wat eersdaags open en waarvoor ek baie laat begin werk het. En toe nou ‘n besoek deur ‘n baie “angry” virus en die kommer dat ek dalk my oog gaan verloor.
Die eerste ding wat toe waai is my aptyt. Ek leef vir 2 weke op koue water en ‘n paar appelkose en so en natuurlik drop my gewig toe tot onder 50 kg en my familietjie raak toe skoon op hol.
Toe begin ek die allerverskriklikste angsaanvalle kry. Geen asem, my hart klop in my keel, hande yskoud en ek voel oor die algemeen sommer net of ek gaan dooi en later toe wens ek ek gaan dooi, want toe kan ek dit nie meer hou nie. dis ongelooflik hoe werklik dit voel!
Nadat ek toe eergisteraand volledig in duie stort met koue koors en braking en ‘n verblindende kopseer is dit toe dr toe met my.
My lyf is toe in ‘n adrenalien/kortisol feedbackloop en die patroon is nou so vasgele dat ek nie my eie “come down” meer kan bewerkstellig nie. So nou is ek op ‘n ligte kalmeermiddeltjie net om die siklus te breek, want ‘n oormaat kortisol is gevaarlik. Hulle noem dit die death hormone want mens kry hartaanvalle enn strokes van dit en dis waarheen ek oppad was …
My aptyt is nog nie terug nie, so nou is ek maar op Ensure en smoothies.
Fisiologie is darem fassinerend, julle …
Onlangse kommentare