by

Pippie Langkous revisited

Oktober 26, 2011 in Sonder kategorie

As daar nou een reeks boeke is wat my kleintjies oor en oor lees, is dit Pippie Langkous. My 2 eksemplare is voosgelees …op! Ek dink ek is al 4 keer deur Pippie Langkous en Pippie Langkous in die Suidsee. Ek sukkel om Pippie Langkous gaan aan boord te kry, dis lykmy heeltemal uit druk. Hoekom weet ek nie, want dis nie stories wat “date” nie en ek dink daars beslis ‘n mark voor.

ek beskou Pippie as ‘n uitstekense feministiese rolmodel vir my dogter want sy is sterk, oorspronklik en onafhanklik en neem graag op haar eie individuele manier die leiding – vandag se dae sou ons gereken het die stomme kind is ‘n kandidaat vir ritalin

Nerina Ferreira se vertalings van Astrid lindgren se stories is al hier in die sewentigerjare gedoen en is werklik puik, maar eintlik al wat my pla is dat die afrikaans wel bietjie outyds is. Ek dink Pippie is in vir ‘n bietjie van ‘n overhaul en ‘n heruitgawe en wonder watter skrywer sou die taak suksesvol kon aanpak. Miskien Riana Prinsloo.

Nog ‘n Astrid Lindgren-storie wat my kinders baie geniet is Madicken. Hulle het die engelse uitgawe by hulle ouma pesrent gekry. Sy het ‘n 2e handse boekwinkel gehad op Cullinan en het haar kleinkinders van ‘n nimmereindigende stroom kinderlektuur voorsien.

Madicken is beautiful. Ek dink sy is soort van die prototipe van Pippie. Dit speel af tydens die 2e wereldoorlog op die sweedse platteland en is bietjie minder bizar as pippie, maar gaan ook oor hierdie bloemieng stout klein dogtertjie. Dis ‘n absoluut liriese storie wat mens se hart laat sing so mooi is dit …

En nou wag ons vir die nuut uigegeefde, lusciously geillustreerde weergawe van Langenhoven se Brolloks en bittergal wat ek vir hulle bestel het by Kalahari!

12 antwoorde op Pippie Langkous revisited

  1. avega het gesê op Oktober 26, 2011

    Jy gee my nou idees vir my kleinkinders.

  2. Ek was MAL oor Pippie Langkous!!!!
    Dit sou nice wees as mens ‘n “updated” een kon kry….
    (Shhhh…. as kind wou ek so graag gehad het my hare moet soos Pippe s’n lyk……)

  3. forever young…

  4. aaaah die stories wat ons so vasgenael gehou het toe ons jonk was – lekker herinneringe 🙂

  5. palamino het gesê op Oktober 26, 2011

    Ag ja, daars net goedjies wat pla soos dat hulle iets soos 5c betaal om by die sirkus in te gaan en so. Dit doen eintlik nie afbreek aan die storie nie

  6. palamino het gesê op Oktober 26, 2011

    Ons het wonderlike kinderstories hier in ons land. Ons is ook lief vir Pieter W Grobbelaar se Mooiste Afrikaanse sprokies (nog my eksemplaar waarmee ek grootgeword het). Wat ek daarvan geniet is die stories oor mensvreters en spookgeraamtes en so, en ook van Hunks en die duiwel. Mensvreterstories is somehow vir my verskriklik belangrik vir kinders se ontwikkeling

  7. palamino het gesê op Oktober 26, 2011

    Ja, maar weet jy, ek is mos gladnie ‘n ou vir ‘n nostalgiese teruglesery nie. Ek doen nie Saartjie en Trompie en Maasdorp nie … maar pippie is tydloos

  8. zephur het gesê op Oktober 26, 2011

    Ja en die stories verraai ons ouderdom

  9. Ooooooooo ek onthou haar! My ma het altyd vir my vertel die storie is oor my geskryf!

    Wat ‘n oulike ma is jy om dit met jou kinders te deel! My kinders wou niks weet nie.

  10. Hoe verkoop die boek?

  11. Ja! Pratchett stem saam – van die eerste dinge wat ‘n kind moet leer, is woorde soos: “disembowel”

    🙂

  12. ek sien so, ja! Cool!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.