by

Naweke en so

Oktober 24, 2011 in Sonder kategorie

Ek raak nou rerig kopsku oor naweke, weet julle!

Laasnaweek het ‘n perd op Thomthom, my jongste getrap. Op ‘n baie belangrike baie sensitiewe plek wat sy hele toekoms kon, uhm, wel .. verander! Hy het die perd gelei, toe struikel en val hy en toe loop sy bo-oor hom, want perde se remme is nie so goed nie. Anyway, toe spandeer ons saterdagmiddag en -aand in ongevalle en dis scans en plate en dinge om seker te maak daar is nie inwendige skade nie. Vir die rekord, hy is fine, net bietjie gekneus. Maar mens skrik jou moer af as jy sien jou seunskind se privates is ‘n bloederige pappery, dit kan ek vir julle se!

Die naweek was hulle toe by hulle pa, maar hy kom toe nou tuis gistermiddag met Fiela – my oudste seun en middelkind – wat so bleek soos ‘n spokie lyk. Oi! nee, hulle was by Linden se swembad toe steek ‘n by hom en toe begin hy uitslaan en opgooi (hy het sy pa se splinternuwe Volvo volgekots hehehehe!- nee sies, ek skaam my nou is ek lelik, sorrie) Hy klim uit die kar en hy is so half in ‘n koma, maar hy verseker my nee, hy is orraait hy wil net bietjie le. Nou dadelik gaan die alarms aan by my, want ek weet een van die dinge van by-allergiee is denial. Die pasient verseker jou die heeltyd hy is fine, en hy is eintlik nie (my oupa was ook so) en die ander ding waarvoor mens moet watch is anaphylaxis. Gelukkig is sy keel nie toegetrek nie, en haal hy gemaklik asem. Maar nietemin kry ek toe maar als weer reg vir ‘n aandjie by Montana ongevalle! Maar voor dit gee ek hom toe eers bietjie Apis – die homeopatiese bysteek remedy.

Op daai stadium het ek ook nou nog ook die sondag-hoendertjie in die oond en ek probeer die kos red en multitask en die ander 2 is rasend honger en ek se, gaan eet solank jem tertjies en roomys by Ouma (goeie mammie, ekke) en ek is nog besig met al die admin, toe kom Fiela by die kombuis in, verklaar dramaties dat hy honger is en loop sit die tv aan. toes hy fine en weer wawyd wakker, dankie tog!

Daars toe ook weer kleur in die wange en hy is vol jokes. Toe gaan bere ek maar weer my handsak want toe, lyk my is ‘n trip ongevalle toe nie nodig nie … endie kind werk 3 borde hoender en groente in, halleluja!

Maar ek sal inderhaas moet werk maak van die allergie, want dis nie goed nie

24 antwoorde op Naweke en so

  1. flapoor het gesê op Oktober 24, 2011

    Baie gif in so angeltjie – het ook maar altyd die blou pilletjies byderhand.

  2. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Ek weet nie, of dit histerie is nie, maar as ek sulke krissise het, dan het ek so ‘n halwe “out of body” experience. als voel ver en onwerlik en in daai stil spasie kan ek besluite neem en operate. selfs my exman het altyd opgemerk hoe goed ek funksioneer in ‘n krisis.

    Maar as iets nie rerig ernstig is nie, dan kan ek al my toys gooi en ‘n totale drama queen wees! Hehe.

  3. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Ek dink ek gaan naweke kanselleer, dit werk nie vir my nie

  4. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Mens kan nie die effek glo van daai speldeprikkie gif nie, flapoor! En hy het self ook die angel uitgetrek voor hy na sy pa toe is vir hulp en het gevolglik al die gif in sy been ingespuit. mens moet ditmos versigtig afskraap met ‘n mes

  5. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Miskien kan ons omruil

  6. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Hy is mos jou favourite. Jis, jy weet hoe lig is hy, wel, hy het gister deurgeskyn so bleek was hy

  7. TS het gesê op Oktober 24, 2011

    ai tog … so perdeskop daar is seker seerder as seer!

  8. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    jip, dis 500 kg daai!

  9. Bly hy is orraait- dit klink lelik seer!

  10. Ek MOET my kinders laat toets. Ek is baie allergies en het self nie pille nie…..

  11. Eish die privates ding – hy’s nie lekker nie!

    En die bysteek is ‘n bliksem!

    Ek was nooit nie, en nou word ek – dis tos!

  12. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Dis weird hoe so ‘n allergie kan opbou

  13. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Absoluut ja!!!

  14. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Dit was woes, hoor!

  15. umhlanga het gesê op Oktober 24, 2011

    Shit ‘n perdeby het my eenkeer so masjiengeweer gesteek, dis seer! Hoop volgende naweek kry jy bietjie ‘n break mater 🙂

  16. Dit sal seker goed wees om dit te doen voor ons op vakansie gaan…..

  17. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    So ‘n klein rooiperdebytjie is die ergste!!! Iets wat onmiddelik daarvoor help is Bulbinellasap. Ek het baie noodhulpplante in my tuin.

  18. Dit was die grootste skrik wat ek in my lewe gehad het, ek het 130kph oor ‘n sinkplaaat grondpad hospitaal toe gejaag, dit was touch en go…..

  19. palamino het gesê op Oktober 24, 2011

    Was dit nou vir bysteek of perdetrap, Monica?

    Ek reken teen 130kmph raak ‘n sinkplaat glad.

  20. Bysteek, my 30jarige kind se eerste bysteek, kan jy dit glo!

  21. Ja dis tos – en mens weet nie voor die tyd hoe erg dit gaan wees nie!

  22. avega het gesê op Oktober 24, 2011

    Kry die pen inspuiting wat hy saamdra. Gee mens baie meer gemoedsrus. Superster is allergies vir sesame saad en ons het al middelvandie naghospitaaltoejaag episodes gehad. Jy kry ook goedkoper klein ampules met ‘n gewone goedkoop inspuitingnaald. Sy dra dit altyd by haar, want haar keel swel en sy kry nie asem.

  23. Die Volvo-brakery was my gunsteling.

Los ’n antwoord vir yzrenv. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.