Cowboys en kroeks
September 21, 2011 in Sonder kategorie
Omdat daar so baie skurkagtige aktiwiteite saans in my tuin is, het ek ook nou ‘n roepradiotjie gekry wat gekoppel is aan ons plaaslike gemeenskapspolisieringsforum. Dis seker ‘n totale illusie, maar die idee dat ek net op die radio kan spring as daar probleme is, laat my bietjie veiliger voel
Toe le ek nou gisteraand knus in my bed met my boek en luister oor die radiotjie hoe die buurtwag ‘n kroek hier agter my teen die berg probeer vastrek.
Dis net “Charlie Alpha” voor en “Roger Foxtrot” agter en die eter is sommer so dik en krakerig van al die testosteroon. Ag en al die radioterme is tog so sexy, dink julle nie? … en as so ‘n groep manne so uitasem met mekaar kommunikeer dan raak ek skoon opgewonde! Dis enige tyd beter as enige iets wat die esybiesie kan opdis, dit verseker ek julle!
Toe iemand egter se: “Tango Alpha, ons is nou besig om van agter te penetreer”, toe val ek uit die bed uit!
Hardass_Turtleboy het gesê op September 21, 2011
eish
benvanbruggen het gesê op September 21, 2011
Arme kroek !
lora2me het gesê op September 21, 2011
Ai, Palomino, jy het ‘n baie goeie verbeelding! 😉
avega het gesê op September 21, 2011
Hulle gebruik groot woorde.
palamino het gesê op September 21, 2011
Antjies, ek was al by geleenthede waar ‘n spulletjie mans die maak van ‘n griekse slaai in ‘n testosteroongedrewe event omskep het
abrham het gesê op September 21, 2011
as jy op die radiotjie gaan spring gaan jy hom breek. testosteroon sonder brein selle is ‘n gevaar vir die samelewing – ek hou van ‘n man wat sy man kan staan …
palamino het gesê op September 21, 2011
Ag ek neem hulle nie kwalik nie, ek vermoed die bos was bietjies te ruig aan die voorkant, toe probeer hulle maar van agter penetreer. Ons gebruik maar sulke groot woorde daar in my (kont)rei
lieka het gesê op September 21, 2011
Ag toggie! Hoe lekker het ek nou gelag! En kry sommer ook lekker tot in my kleintoontjie vir die HEERLIKE blog vanoggend! DANKIE! So eerlike bek moet ‘jem’ kry! 🙂
bloukaap het gesê op September 21, 2011
hehehehe
HeavyHenry het gesê op September 21, 2011
Bwhaahaha!
palamino het gesê op September 21, 2011
dankie Lieka!
palamino het gesê op September 21, 2011
man, jy is hopeloos te letterlik
palamino het gesê op September 21, 2011
hiert!
palamino het gesê op September 21, 2011
verskriklik
Berwick het gesê op September 21, 2011
Hehe!
thenack het gesê op September 22, 2011
ken jy Blood Hound Gang se song Foxtrot Uniform Charlie Kilo?
endlich het gesê op September 22, 2011
Dis soos in die tyd van die weermag, kon ‘n army outjie nie weerstaan nie. Het hulle altyd, meisie-alleen opgelaai tussen die huis en Bloem na hul pasnaweke op pad Tempe toe. Hulle was so mooi in hul uniforms. Dit was ‘n ander tyd daardie.
Joanna Graham het gesê op September 22, 2011
Hehehehe! Hoe val ek nou van die stoel af!
umhlanga het gesê op September 26, 2011
Ek gaan NOOIT weer by ‘n huis inbreek nie!
thenack het gesê op September 26, 2011
Jy ken mos vir Abel Pienaar? HJy debateer vanaad by Sanlamsaal op Tuks kampus. 7 uur, jy moet kom kyk
Caramella het gesê op September 27, 2011
Teken dit vir ons. Ag toe!
DallaSePa het gesê op Oktober 7, 2011
“Toe iemand egter se: “Tango Alpha, ons is nou besig om van agter te penetreer”, toe val ek uit die bed uit!” … SNIK VAN DIE LAG!!!
palamino het gesê op Oktober 13, 2011
ag dankie Diedie!
palamino het gesê op Oktober 13, 2011
hou maar net jou agterwereld teen die muur, mater!
palamino het gesê op Oktober 13, 2011
Weet jy wat was vir my onweerstaanbaar kwesbaar van weermagoutjies? Daar waar hulle sokkies in die boots ingegaan het … daai deel