by

2 soorte rooi

September 7, 2011 in Sonder kategorie

‘n Vriendin van my wat tans in Oaxaca in Mexico bly, is besig met ‘n interessante projek. Sy wil weer begin om cochineal-rooi van goggas te vervaardig vir die kleur van materiaal.

Cochineal is ‘n parasiet-plantluis wat leef op kaktusse in Suid Amerika. Van julle sal dalk onthou dat Suid Afrika die goggas ook op ‘n stadium ingevoer het om indringerkaktusspesies hier by ons te kom beheer.

Hier kan julle meer lees oor die interessante goggas en hulle gebruik in voedselkleursel en ander kleurstowwe.

“n Ander skakering van rooi wat my oog gevang het, is Caput mortuum – rooi. Dit beteken letterlik “Dooie kop”  en het ‘n vreeslike interessante geskiedenis wat julle hier kan lees.

Caput mortuum word natuurlik vandag sinteties vervaardig en val onder die violet spektrum. Dis nie ‘n vreeslike opwindende kleur nie – so ‘n maroenerige rooi – en dit dooi die oomblik as mens dit op papier aanwend, maar die feit dat dit oorspronklik van opgemaalde egiptiese mummies vervaardig is, spreek tot my fyn ontwikkelde sin vir die makabere.

Gelukkig het kunstenaars in die 19e eeu al opgehou om dit te gebruik toe hulle besef het waarvan dit gemaak word…wat mens wys dat kunstenaars darem ook ‘n gewete het, ne?

16 antwoorde op 2 soorte rooi

  1. Nice pos dié.

    Waar gaan ons vir jou ‘n mummy kry om op te maal – jy wil mos bietjie outentieke kleur in jou goed inbring – of nie?

    🙂

  2. abrham het gesê op September 7, 2011

    van daai kaktusse maak mens ook snaaks, as jy dit as medisyne gebruik

  3. VERY VERY Interesting!

  4. Ek sal ‘n vingertjie gaan afbreek van die ene wat hulle hier in die Transvaalmuseum bere

  5. Jis daai arme ding – soveel indignities…

  6. Mescaline?

  7. abrham het gesê op September 7, 2011

    san pedro, ja

  8. die rooi van alles en vrede

  9. Lekker storie, behalwe dat die blerrie cochineal al ons turksvye opvreet, en ek is so gek na ‘n yskoue turksvy.

  10. Nice! Ek is natuurlik meer geinteresseerd in sewe soorte sondes.

  11. czardas het gesê op September 8, 2011

    Too much Afrikaans for me. Why not come round and translate for me ?

  12. endlich het gesê op September 9, 2011

    My verbeelding het nou gaan draai by my anatomie uitkenningskadawerjare en soutvleis op die spyskaart in die hospitaalkafeteria tot by die afkop oom wat ek onlangs moes scan onder die vaandel van die wetenskappe. Ek ken daai rooi.

  13. Sjoe, ek dink nou net, dalk het een van hulle aan hulle kwas gelek….juck!

  14. Joanna> ek het al jiggie stories gehoor van verf kwaste nat lek… goed wat jou vel ‘n hoenderprys sal gee! maar ek sal dit late dalk post. sal eers die fiksie van die feite moet skei.

  15. ja, skryf seblief! jy moet aangaan waar charlene hom gelos het.

  16. (-:

    Het dit nie ook maar te doen met die algehel skaarsheid in mummies nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.